Saturday, May 17, 2008

Hoe laat ons ons liggies skyn?

Ons groepie by die Afrikaanse Kerk het vanaand weer 'n geesdriftige klompie kinders gehad. Ons getalle bly dieselfde alhoewel dit nie altyd dieselfde kinders is nie. Die dag as al die kinders kom, sal ons 'n lekker groot groep wees.

Die klompie het sommer lekker begin sing en die nuwe liedjies word net so geniet.
Liam waarsku nie, hy's net besig om te beduie terwyl hy sing.
Ons het ook twee nuwe maats vanaand gehad. Die sussies Annere en Ruzaan Mare. Die nuwe maats het sommer gou-gou saam met ons gesing en dans.
Die kleintjies het die storie van Josef gehoor. Hier is hulle besig om Josef se kleed aanmekaar te werk.
Nou is hulle ernstig besig om die kleed te plak dat dit kleurvol soos Josef s'n is.

Die groter kinders doen hulle blokkiesraaisel nadat tannie Charmaine die lessie vertel het. Hulle versie vanaand is 1 Johannes 4:13 "Hiervan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons Sy Gees gegee."
Hulle maak skerms vir hulle kersie om te wys hoe mens jou lig kan laat skyn. Monique, Daleen en Annere konsentreer hard.
Die seuns wag in spanning om te sien of hulle liggie deur die skerm skyn
Kyk net hoe trots is Chane op haar lantern en die kersie wat binne brand.
Marcelle was al "groter" seun vanaand en hy gee glad nie om om alleen te werk aan die lessie nie. Waar is die ander manne?
Nelmari het vir ons 'n hartjie koek gebak om te vertel van God se liefde vir ons. Hier wag almal vir die koek om gesny te word en lekker gegeurde melkies.

No comments: