Thursday, May 15, 2008

ECC - Hoe verstaan ons die Bybel?

Ek het hierdie week bietjie gesukkel met die foto's oplaai en wys net 'n paartjies. Dit was lekker om van ons "ou" maats weer terug te he hierdie week.
"Be strong and put on the armour of God" sing hulle hier. Kyk hoe mooi wys almal dieselfde.
Hierdie drie meisies sing lekker saam met Dig a little deeperDie kleintjies het gehoor hoe spesiaal elkeen vir God is en dat Hy ons by die naam ken. TJ pak sy naam uit met lekkertjies. Ek het hom dopgehou, dit was een vir proe en een vir die naam en een vir proe, ens.
Tannie Heleen se groepie luister mooi terwyl sy vertel en verduidelik. Hulle het joernale gemaak om in te skryf wat hulle uit die Bybel verstaan wanneer hulle lees.
Die groepie het koekies wat "Holy Spirit" op is gehad. Hier verduidelik tannie Charmaine hulle boodskap vir hulle.

No comments: