Sunday, May 11, 2008

ECC - Ouerbrief 12 Mei

Ons voorlaaste lesse voordat ons ons werksboek My Volcana Adventure voltooi en ons hoop werklik om al ons maats hierdie week by die groep te he. Dis so maklik om nie te kom nie, daarom wil ons vir almal wat hierdie jaar so getrou bywoon se ons is trots op jou en God is trots op jou dat jy week na week kom om meer van Hom te hoor en leer. Dankie ook vir die mammas en pappas wat net so getrou die kinders bring. Ons weet hulle kan nie op hulle eie kom nie en daarom se ons ook vir julle as ouers baie dankie dat julle deur die outjies te bring, wys dat julle ook commited is.
Kleuters
Hierdie week is daar 'n storie van 'n muur wat gebou word, kan enige iemand raai watter storie dit is?
6 - 12 Jariges
Les 11 is The Messenger, How can we understand the Bible en die versie is John 16:13. Wie van julle leer die versies? Bring ook julle Bybels saam.
Tieners
Ons is ook vanaand op ons voorlaaste lessie nr 12 van die Dare to Be a Daniel boekie. Die les gaan oor hoe mens jou geloof in "aksie" kan sit. Ouens vanaand doen ons iets spesiaal en vir die eerste keer in die Kindergroep. Moet dit nie mis nie!!
Algemeen
Ons beplan 'n afsluitingsbyeenkoms op 26 Mei en sal graag dan wil he al ons maats en ouers moet kom. Dit gee almal genoeg tyd om nog vir eksamens te leer. Meer daaroor volgende week ....maar hou die dag en tyd Maandagaand 26 Mei tussen 6:30 - 8:00 nm oop!!
Sien julle more!

No comments: