Saturday, May 10, 2008

Van 'n papie tot 'n Vlinder

Ons kinders begin die musiek en bewegings geniet en hierdie week het ons selfs twee nuwe liedjies bygeleer. Almal van hulle het saam gesing en gedans.
Drie van die manne sing lekker. Jonathan Mostert heel links het die eerste keer kom kuier en saam met hom is Ruan en Marnus.
Ons dogters in pienk, Daleen en Luandi sing net so lekker saam.
Vanaand het klein Saskia ook onder die tafel uitgekom om saam te sing. Hier is die Botha nig en nefies besig om te sing.
Nelmari sing lekker saam met die dogters
Dan is dit storietyd en alhoewel daar net een is, luister sy mooi na die storie (Nelmari was optimisties vanaand sy het reggemaak vir 5)
Kyk ek plak hierdie "kossies" (sade) in die pot, wys Saskia
Die twee werk hard saam aan hulle potte
Dis klaar en pragtig Saskia! Kyk net die kos se geur!
Die groter kinders luister hoe mens van papie tot vlinder kan groei in jou geloof.
Hier werk almal hard aan hulle werksblaadjies
En so verander hulle in die pragtigste skoenlappers. Hier is Marnus besig om syne te verf.
Daleen gebruik die mooiste blou om hare te verf.
Luandi gebruik klompe mooi kleure om haar mooi skoenlapper te verf.
Die ouer seuns doen hulle stuk. Ons praat oor wat ons nodig het om iets te maak en/of te skep en hoe God alles geskep het.
Hierdie manne kon nie dink aan iets wat hulle al self gemaak het nie, maar belowe om ietsie hierdie week aan te pak. Ek wag in spanning om die stories te hoor.

No comments: