Sunday, April 20, 2008

ECC - Ouerbrief 21 April

Die meeste van die vakansiedae is nou verby en nou le die laaste skof van die Abu Dhabi jaar voor. Ek kan nie glo dat dit nog net 5 weke is voordat die eindeksamens vir ons kinders begin nie. Ek hoop dat ons kinders net so getrou soos gedurende die jaar, die laaste paar weke sal bywoon. Vir die maats wat ons lank laas gesien het, ons mis julle ... en sien uit daarna om julle hierdie week te sien!


Kleuters

As julle na hierdie prentjie kyk, watter storie het tannie Corine hierdie week? Het julle reggeraai en Jona en die vis gese? Dan is julle baie slim!

Ek weet dat klein Emma bietjie huis toe gaan vir 2 weke (dis die lekker van nog nie in die skool is nie), maar die groepie gaan voort. Sien uit om ons kleuters te sien en nuwe maatjies is baie welkom.


Aan die onderkant van die brief is nog 'n prentjie van Jona wat julle kan vergroot en uitdruk om in te kleur as julle wil.

6 - 12 jaar oud


Hierdie groepe doen vanaand les #8 uit ons boekie "My Volcano Adventure" en dit handel oor The Path - How do we use the Bible?


Die versie om te leer is Ps 119:105 in Engels en Afrikaans.

Bring julle Bybels saam en kom luister en leer meer oor die Woord van God

Tieners

Ons het ook groep vanaand en ons les handel vanaand oor Point the Way to God. Doen 'n bietjie naslaan werk en kon vertel my van 'n ou met die naam van Shaun Alexander wat Amerikaanse voetbal gespeel het. Volgende week moet julle solank uitboek vir fliek ....meer daarvan later.

O ja en tieners bring asseblief julle boekies saam!

Algemeen

Alhoewel ons klaarmaak vir die jaar, wil ek vra dat as u as ouer van enige nuwe Suid-Afrikaners met kinders in die dorp weet, u hulle van ons groep sal vertel of my hulle inligting laat kry.

Dankie vir al julle wonderlike samewerking en betrokkenheid by u kinders, ons en u kinders waardeer julle!

No comments: