Met Charmaine wat vir 'n baie kort vakansie in SA is, wonder ek en Corine hoe die kinders die bewegings gaan doen, maar ons vergeet hoe oulik hulle is .... want hulle kom mooi reg.
Die klompie lekker aan die sing
Klein TJ doen elke week meer en meer bewegings saam
Ons doen vanaand vir Jona en na die veltbord, kleur ons 'n prentjie en tannie Corine maak 'n legkaart vir TJ om te doen. Tannie Corine se hy mis sy maatjie Emma wat in SA is vir 2 weke.

Die meisies het boekmerke gemaak waarop hulle baie trots is.
Die outjies het 'n kaart moes teken om te sien hoe die Bybel ons kaart kan wees. Tannie Heleen gee moed op met die foto's ek kan sien.
Die tieners hard aan die werk in hulle boekies. Ons het vandag begin met die verskillende stappe hoe ons God se liefde vir ons met ons maats kan deel. Een van die voorbeelde is 'n Amerikaanse voetbal "hero" Shaun Alexander. Ons praat oor "helde" in Suid-Afrikaanse sport en sukkel bietjie met name. Hulle huiswerk is om uit te vind wie in SA sport, kan "kwalifiseer" vir "helde" omdat hulle opgestaan het vir God en 'n goeie voorbeeld is/was.
No comments:
Post a Comment