Saturday, April 19, 2008

Ons hoor van hindernisse op ons pad

Vanaand was ons maar dun met die bywoning en ek kan nie eers dink aan enige verskonings soos eksamen of vakansie nie. Ons glo en bid elke dag dat hierdie groepie wat die potensiaal het om te groei in 'n sterk groepie kinders wat saam met ons leer van God se liefde vir ons, nog gaan gebeur en dat al 18 lede nog saam gaan opdaag vir groep!! Die outjies wat hier was vanaand was woelig en vol geesdrif! Kyk net.
Nee ons oefen nie om interflora mannetjies te wees nie, ons sing!
Nicholas wys mooi terwyl hy sing
Liam wys in nothings too big, nothings too small ....
Lees jou Bybel en bid elke dag sing ons
Dan is dit storietyd en die kleingoed hoor van een van Jesus se wonderwerke. Kyk hoe mooi luister hulle.
Die ouer groepie hoor van hindernisse in mens se pad. Hier is Daleen besig om geblinddoek deur 'n hindernis te gaan .

Sy was baie oulik en het die tweede keer mooi geweet hoe om dit te systap. Hoop om volgende week baie meer maats by die groep te sien. Onthou ouers 6:30 op 'n Vrydagaand!!

No comments: