Tuesday, April 15, 2008

Ons leer van die Bybel

'n Groot groep van ons kindes wat van buite die dorp kom was nie daar nie, maar die ander klomp was terug. Alhoewel dit maar aanvanklik stadig met die lofprysiing gegaan het, het dit baie beter geeindig as wat dit begin het.

Die klompie sing saam
Tannies Charmaine en Corine tiekiedraai tydens een van die liedjies. Die kinders is so verstom hulle hou sommer op met sing om te kyk

TJ (Thomas) is 'n bietjie siek vanaand maar hy wys en sing nog saam.
Hier is van die ander meisies ook besig om te sing.
Thomas luister na die storie wat tannie Corine vertel en daarna moet hy met klei werk.

In hierdie groep is hulle besig met hul aktiwiteit. Daleen konsentreer baie hard.
Jumarie werk net so hard aan haar aktiwiteit
Tannie Heleen en twee van haar groep wys die kaartjies wat hulle gemaak het.

No comments: