Showing posts with label Nuusbrief. Show all posts
Showing posts with label Nuusbrief. Show all posts

Sunday, February 3, 2008

ECC -Ouerbrief 4 Februarie

Verlede week na 'n lang breuk het amper al ons maats (behalwe die tieners wat nie groep gehad het nie) opgedaag, en ons wil vir u die ouers baie dankie sê daarvoor. Na 'n lang breuk was hulle nog net so entoesiasties en vol lewe met die sang en dit was lekker om hulle weer almal te sien.


2 - 5 jariges (kleuters)


Verlede keer het ons van die plae gehoor en hierdie week hoor ons van iets grooooottts wat gebeur het...Die Rooi See!!! Ons het ook baie goeie nuus ..... ons het vir julle nou jul eie tannie wat elke week met julle gaan werk. So kyk bietjie uit vir nog maatjies en onthou julle mag vroeer huis toe gaan omdat julle amper groot is.


6 - 12 jariges


Ons doen hierdie week Superstar en hoor hoekom Jesus teruggekom het. Die versie wat julle moet ken is Romeine 8:11 in Engels of Afrikaans. (Sien aan regterkant)


Tieners


Ek mis julle en dis nou tyd om terug te kom. Alhoewel daar nog iewers eksamen geskryf word, het ons vandag groep. Ons het baie dinge om oor te gesels, so bring 'n bordjie iets om te kou en iets om te drink saam.


Algemeen


1 Ek wil net weer die mammas aan die Ester konferensie hierdie naweek (8 & 9 Februarie) in

Dubai herinner. Vir meer inligting kyk op die blok van 23 Januarie of kontak my


2 Die kamp van 21 - 23 Februarie. Die inskrywingsvorms gaan vandag uit en moet volgende

week terug wees! Ek hoop dat al ons maats 10 en ouer, hierdie kamp gaan bywoon. Dis nie

elke dag dat ons saam met mede Suid-Afrikaanse maats van Dubai en Al Ain kan saamkamp

nie. Sien inligting op blok van 31 Januarie.


3 Dankie vir die ouers wat saam met ons gebid het vir 'n groepleier vir die kleuters. Corinne het

aangebied om met hulle te help. Welkom by ons Corinne!


4 Daar is nog nuwe SA kinders in die buurt. Ouers as julle weet van hulle, kom ons vertel hulle net

van die groep en bring hulle saam vir 'n kuier.


Sien almal Maandag!

Sunday, November 18, 2007

ECC - Ouerbrief vir 19 November

Inligting

Alhoewel 'n klompie van ons kinders nie verlede week groep bygewoon het nie, het daar soveel goeie en lekker dinge by die groep gebeur soos bv. die tieners het gaan kegelbal speel en ons kleuters het hulle eerste les gehad. Dankie ook vir Heleen wat die ander groep kinders geneem het terwyl Charmaine in SA kuier, ons waardeer. Sanet wat kom help het, dankie vir jou ook!

Drie van ons kinders het hulle versies 100% geken en die drie is ook kop-aan-kop vir die kompetisie oor wie die meeste versies geleer het op die oomblik. Julle ander kan nog inhaal so moenie ophou probeer nie. Ek het die versie 'n week vooruit op die web gesit sodat julle die heel week het om te leer. Dankie ouers vir julle samewerking ook in hierdie verband.

Baie welkom ook aan klein Mia en Emma wat nou ons kleutergroep vorm. Ek hoop dat hierdie groepie vir ons kleintjies sommer baie gaan groei.


Kleuters

Verlede week het ons gehoor van die Skepping. Kom kyk hierdie week na Noag, die ark en al die diere.

6 - 12 jaar

Hierdie week doen ons What Motivated Jesus en die versie om te leer is Joh 6:38. Sien op regterkant die versie in Engels en Afrikaans.

Tieners

Julle inligting is apart (gister) op die web gesit.

Algemeen

Ek wil baie graag hê dat ons ouers hierdie blog as 'n kommunikasie middel moet gebruik.

Indien u kind(ers) vir een of ander rede nie kan bywoon nie,
of
u weet van enige nuwe kinders in die omgewing
of
u wil enigiets met ons deel

Los vir ons 'n boodskap of epos ons!

(Kliek op commit onder die beriggie, skryf die boodskappie, dan is daar 3 opsies, kies "Option" en vul jou naam by die eerste blokkie in. Vul niks in die tweede blokkie en druk net "Publish" - die boodskap sal binne 'n uur of drie op die blog verskyn)

Ek hoop om al ons kinders Maandagaand by die groep te sien!!

Monday, November 5, 2007

ECC - Ouerbrief vir 5 November

'n Mens kan amper nie glo dat dit reeds November is nie. Selfs hier in Abu Dhabi word daar orals kersversierings uitgepak en reggemaak vir Kersfeees. Met meeste van ons skole wat 'n kort vakansie in Desember gaan hê, sal ons groep ook 'n breuk neem, maar die kinders wat bly die geleentheid gee om deel van die ECC Kersprogram te wees. Maar dis planne vir Desember.... hier is die inligting vir Maandagaand!
Nuus
Ons het verlede week twee nuwe maatjies gehad en dis altyd vir ons baie lekker. Welkom Clark en Christiaan. Ons hoop dat julle sommer gou tuis en deel van ons groepie gaan wees. Veral Liam en Henry is bly om nog manne in die groep te hê.
Drie van ons maats, Ami, Megan en Daleen het weereens hulle versies 100% geken en klein Liana verdien spesiale vermelding vir haar leer van die laaaaaang versie. Sy het hom ampertjies onder die knie gehad. Dankie aan die mammas en pappas wat hier 'n groot aandeel in het om ons kinders te help om hulle versies te leer.
Kleuters
Ons hoor nog net van nuwes maar sien hulle nog nie, so hopelik binnekort want die klompie is almal siekerig. Ansie as jy weet wanneer hulle gaan kom, gee my vroegtydig 'n skreetjie dat ons vir hulle 'n lessie voorberei en bring. (Jy kan sommer op die blog comment ook)
6 - 12 jariges
Hierdie groepie doen vanaand "Super-Special effects" What did Jesus Do? en hulle versie om te leer is Johannes 20:30 - 31.
Tieners
Van ons tieners skryf hierdie week eksamen so hulle kom nie bymekaar nie ---- sterkte ouens!!! Volgende week is dit ons "social" so hou die blog dop hier rondom Saterdag.
Algemeen
Ons kinders het verlede week ook vir klein Natalie Biagi wat leukemia het kaartjies gemaak wat ons volgende week saam met haar Quilt vir haar gaan stuur. Ek vertel julle later meer daarvan maar wil net hoor of iemand nie weet van 'n gou en goedkoop manier om 'n quilt in Amerika te kry nie?
Sien uit daarna om al ons kinders Maandagaand te sien!!

Liefde
Sandra

Sunday, October 28, 2007

ECC - Ouerbrief vir 29 Oktober

Vir ons kinders en ouers se inligting

Nuus

Die bywoning hierdie week was goed, dankie ouers!! Ook het al hoe meer van ons kinders probeer om die versie (wat ek verkeerd deurgegee het) te ken, en dit was sommer baie goed. Claudia Kaartman, Daleen van Eeden, Megan en Amy Trembley het egter die versies perfek geken! Mooi so julle ouens, julle is die sterre van ons week. Dankie ook hier vir ons ouers wat die versies vir die kinders deurgegee het en betrokke is.
Kleuters
Ons wag nog vir meer kleuters. Ansie dankie ek hoor jy het met Emma se ma ook gepraat, dit sal lekker wees as daar 'n paar van hulle kan wees. Ons wil so graag vir ons kleuters ook 'n groepie hê en het die oulikste goed aangekoop daarvoor.
6 - 12 jariges
Ons doen hierdie week "The Script" What did Jesus Say? en ons korrekte versie om te leer (ek het seker gemaak hierdie keer) is, Markus 12:30 - 31 (In Afrikaans of Engels)
Tieners
Ons het beslis groep hierdie week en julle "huiswerk" is dieselfde as twee weke gelede. Kyk so 'n paar blogs terug het ek dit vir julle weer deurgegee. Indien julle nie kan bywoon nie, wil ek dit graag as 'n comment op hierdie brief hê. Bring julle Bybels saam!
Algemeen
Stuur asb vir ons name van enige nuwe SA maatjies deur wat nou hier in Abu Dhabi bly.
Sien julle almal Maandagaand!!

Sunday, September 30, 2007

ECC - Ouerbrief vir 1 Oktober

Liewe Ouers

Verwelkoming

Ons het geen nuwe maats hierdie week gehad nie, maar dit was so lekker om al die ou maatjies terug te sien. Die opkoms was goed soos julle met die blog op 24 Januarie kon sien. Dankie aan al die ouers en spesiaal vir die wat ver kom!!!

Kleuters (3 - 5)

Ons weet nog nie of ons 'n paar kleintjies hier gaan hê nie - ons het iemand wat julle gaan neem, so laat weet.

Ouderdom (6 - 12)

Ons lessie vir hierdie week is "Spotlight - Why did Jesus Come?" en ons moet die versie Matt 1:21 (in Engels of Afrikaans) leer. Julle sal sien dat Daleen verlede week ons ster was deur haar versie te ken ...wie gaan dit hierdie week wees?

Tieners

Julle het 'n aparte brief met inligting wat julle moet saambring vir Maandagaand. Ouers julle moet dit asb ook lees. Kyk Dinsdag wanneer die tieners se "huiswerk" vir die week geplaas word, lees en help hulle deur die week daarmee asb.


Daar is groep vir julle hierdie week!

Algemeen

Ek weet daar is van die ouers wat ons inligting op die webjoernaal volg, so laat weet ons bietjie of hierdie manier van kommunikasie vir julle werk, deur kommentaar te los. Dis baie maklik. Kliek op kommentaar, skryf in die pop-up blokkie, kies other, vul julle naam op die eerste blokkie langs naam, los die tweede reeltjie uit en druk sent!!!

Ons het ook nog 'n probleem om ons DVD en skyfies vir die kinders te wys. Iemand wat kan help met die projekter'?

Luister ook asseblief vir nuwe kinders in die dorp en laat ons hulle inligting kry.

Sien almal Maandagaand!!

Sunday, September 23, 2007

ECC - Ouerbrief vir 23 September

Liewe Ouers

Die volgende vir u kennisname:

Verwelkoming


Na 'n lang breuk is dit uiteindelik weer tyd om as Afrikaanse Kindergroep bymekaar te kom. Ons hoop dat julle almal lekker uitgerus het en reg is vir die nuwe Abu Dhabi jaar. Ons is bewus daarvan dat baie van ons kinders ver verhuis het, maar vertrou dat ons julle nog steeds Maandagaande gaan sien.

Algemeen

Ons kom soos gewoonlik by die ECC kerkkompleks bymekaar. Die bouery van die nuwe kerk is nog 'n entjie van klaar, so almal gebruik die gewone ingang en ons kom bymekaar in die gewone lokaal.

Die tye is nog steeds vanaf 7 nm en ons sal so rondom 8:30 nm klaar wees. Ons sal egter tot 9nm by die kerk wees vir u om die kinders te kom afhaal.

Ons wil weer vra dat u enige nuwe kinders saambring groep toe, of my hulle inligting laat kry, hetsy deur kommentaar op die brief, epos of telefoon.

Kleuters

Ons is nog nie seker hoeveel maatjies hier gaan opdaag nie, maar ons wil beslis vir hulle ook voorsiening gemaak word, so moenie wegbly nie.

Kinders 6 - 12 jaar

Julle lessie hierdie week is : Studio Mystery - Who is Jesus? en die versie wat julle moet leer is Johannes 14:6 (in Engels of Afrikaans).

Tieners


Al wat julle hierdie week moet saambring is julle self, nuwe maats, julle jaar- en of kwartaalprogram (veral die sport een) en 35 dhs vir die studieboekie. Kyk so 'n blog of twee terug wat ons gaan doen vanjaar.

Hulp asseblief

Ons projektor het die gees gegee en ek wonder of daar enige ouer is wat weet van die binnegoed wat 'n projektor. Die handelaar kwoteer 'n huis se prys vir die regmaak.

Francois het aangebied dat ons solank syne kan gebruik, dankie daarvoor. Ansie sal jy dit vir ons kan saambring asseblief?

Sien uit daarna om julle almal Maandagaand te sien.

Liefde

Sandra