Tuesday, August 26, 2008

Die Jaarbeplanning

Verlede Saterdag het groepleiers van Dubai, Sharjah, Al Ain en Abu Dhabi bymekaargekom om die beplanning vir ons jeug vir die jaar te doen. Ons begin met lofprysing en sing lekker. Hannes lei die vergadering en maak aantekening. Sy "baas" Blommie hou die notule. Daar word ernstig beplan aan oa die materiaal wat ons gaan gebruik, ons visie en missie vir die jaar en watter groot aktiwiteite gaan ons vanjaar vir ons jeug beplan. Ons is opgewonde oor die leerplanne. Vanjaar gebruik Dubai en Abu Dhabi emirate nog verskillende boeke maar teen volgende jaar sal die jeug reg oor die emirate almal dieselfde program volg. Loer op die regterkant by datums om oop te hou en gaan boek hulle dadelik! Ons gaan kamp en lekker saam kuier met ons ander maats in die Emirate!! Natuurlik is 'n teebreuk altyd belangrik. Na die vergadering word die boeke wat ons reeds het uitgedeel en die ander word nou bestel sodat ons almal September aan die lekker nuwe programme kan begin werk! Ons sluit af met 'n lekker middagete by die golfklub. Greg van Al Ain het baie belangrik gevoel want almal het vir hom gekyk ... nie omdat hy "oulik" is nie, maar omdat die olimpiese spele agter sy rug gewys word! Die ander deel van die groep eet saam met Ds Gert. Ouers, ons is baie opgewonde oor wat vanjaar in die groepe gaan gebeur. Die leiers is gereed en vol geesdrif, al wat ons nou wil he is die kinders. Ons wil ook vra dat u as ouers gereeld vir ons leiers en kinders sal bid.

No comments: