Thursday, August 28, 2008

Kindergroep by die Afrikaanse kerk - 29 Augustus

Hierdie week skop ons die akademise jaar en begin ons met ons nuwe boekies 'n hele week vroeer as beplan. Die rede - daar is so 'n ouderdomsverskil tussen die jongste en oudste, dat ons glad nie meer aan een projek kon werk nie. Die projek sal egter nog klaargemaak word en ons hou dit vir wanneer daar slegs 'n handvol kinders is.




Die beplanning is om vanjaar vier groepe te he. 'n Junior kleutergroep 2 & 3, 'n senior kleutergroep 4 - 6, ons middelgroep 7 - 12 en ons tieners 13 - 15. Natuurlik sal ons ook die middelgroep wil deel in twee, maar op die oomblik het ons nog nie groepleiers daarvoor nie. Ons glo en vertrou dat ons kinders werklik vanjaar baie gereeld die groepe sal bywoon en bid dat die Vader ook die nodige groepleiers na ons sal stuur.


Nou vir die boekies. Ons twee kleutergroepe begin met die boekie "Verkleurmannetjies" wat die kleuters gaan help om die evangelie deur middel van kleure te verstaan.


Hierdie week is dit vir hulle net die bekendstelling aan die kleure en verkleurmannetjies. Van volgende week af sal daar weekliks vir die kleintjies 'n bybelversie wees wat hulle moet leer en dit sal op die blog in die regterkantse kolom wys 'n week voor die tyd, dat die ouers hul kinders kan help om dit te leer en hulle eie te maak. Ons se byvoorbaat dankie vir julle as ouers se samewerking.


Die ouer kinders begin met die boek oor die Tabernakel. Ons gaan op 'n reis om die tentkerk, die tabernakel in die woestyn te besoek. Deur die ingang na die voorhof, ons gaan kniel by die brandofferaltaar en was in die bronswasko en ook stilstaan by die wierookaltaar en 'n offer van lof bring. Hierdie studie het wonderlike praktiese hulpmiddels. Versies sal ook weekliks op die regterkolom gegee word om te leer en ons wil die maats vra om hulle Bybels elke week saam te bring.



Omdat dit so 'n besonderse studie is, sal die tieners dit ook doen! Wanneer die aktiwiteite gedoen word, sal julle in jul eie ouderdomsgroep sit!


Ouers loer asseblief gereeld op ons blog in oor nuus vir die groep, versies en dagboek die datums onder "Hou hierdie datum oop".


Ek hoop dat ons maats almal hierdie week gaan terugwees en dat ons 'n wonderlike bywoning vir die jaar gaan he. Dis mos nie vir ons nie ...


ns. Die groep wat Maandagaande bymekaarkom begin eers 22 September en ons volg 'n ander program, so julle is welkom om ook Vrydagaande te kom terwyl pappa en mamma in die kerk is. Ons begin om 18:30 by die Golf Driving Range en is weer 20:00 klaar.

No comments: