Saturday, August 30, 2008

Afr - Ons skop af met ons nuwe boekies

Ons was baie opgewonde om vanaand met die nuwe lesse te begin en bietjie teleurgesteld met die bywoning van die kinders. Ons kan nog seker hierdie week die verskoning gebruik dat party skole nog vakansie het ...... maar die maats wat daar was het groot pret gehad en ons het weer gehoor hoe spesiaal God is dat Hy kies om sy woonplek tussen mense (ons) te maak.

Ons sing lekker saam met Rob Biagi en Soekie & Radikids vanaand en die manne wat hier is begin "beweeg" en sien dis lekker om God met sang en beweging te prys!

Klein CJ is nog 'n bietjie oorweldig deur dit alles, maar sy pappa help hom en sommer gou-gou gaan hy ook die bewegings ken. Ons jonger kinders wat vir die res van die jaar (tot Desember) as die Verkleurmannetjies bekend sal staan begin met ons boekie oor die Verkleurmannetjie waar hulle leer om die evangelie d.m.v. kleure te verstaan. Hier is elkeen verkleurmannetjie wat vandag teenwoordig was in die "tuin". Ons leer 'n verkleurmannetjie liedjie en elke maat kry een om in te kleur en huistoe te neem om bietjie die woorde te leer. Kyk hoe mooi werk hulle. Die eerste lesse is die bekendstelling van die verkleurmannetjie en te hoor van die tem en die vyf kleure wat ons van gaan leer nl. goud, swart, rooi, wit en groen. Vir aktiwiteit en bak-en-brou moet ons 'n verkleurmannetjie versier met versiersuiker en ons kleure lekkers. Die meisies konsentreer mooi. C.J en sy pappa werk hard ook, kyk net CJ se kieste! Die smarties en m & m's smaak darem lekker en hoort liewer in my mond as op die papier dink hy. Kyk net hoe mooi lyk sy verkleurmannetjie aan die einde! Role kan nie anders nie, die versiersuiker sit ook orals vas. Hier is ene wat mooi klaar geplak is met die vyf kleure waarmee ons gaan werk. Die ouer kinders begin met die Studie oor die Tabernakel . Tannie Charmaine verduidelik van hoe hulle gaan kamp in die woestyn op die plek waarvan hulle in Eksodus 25 praat... saam met die Israeliete. Hulle leer dat God by ons as mense wil woon. Dat die God self die bouplanne van die tabernarkel gegee het en hoe Hy mense gebruik het om Sy woning te maak. God wil by Sy mense (ons) woon. Hy woon in ons en is altyd by ons. Die versie wat hulle moet memoriseer is:

"Hulle moet vir My 'n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon" (Eks 25:8)

Vir eetgoed kry die manne koekie-blokke wat hulle kan gebruik om 'n tabernarkel te bou. Gou-gou wil hulle van die jonges se versiersuiker he om ook te bou en proe.

Die maats wat vanaand nie hier was nie, kan jammer wees hulle het die eerste lesse misgeloop ... maar vra vir pappa en mamma mooi en kom sluit volgende week by ons aan om hierdie twee studies te doen!!

No comments: