Friday, October 17, 2008

Hoe het sonde begin en ons wedloop begin

Ons kan darem nou sien dat dit begin winter word, dis vinnig donker. Ons het weer vanaand 'n mooi klompie kinders gehad waarvoor ons baie dankbaar is. Hierdie drie kleintjies wag vir hulle ander maatjies. Wat sal Lou-marie hier vir Daleen se wonder ek? Dan sing ons lekker aan onder andere, "I'm following Jesus" Ons jonger groepie luister na die storie van sonde en hoe belangrik dit is om te kies om die regte keuses te maak. Ons praat ook oor die liedjie "Pasop kleine handjies wat jul doen" en verduidelik wat dit beteken. Daar word vrolike gesiggies gemaak wat wys hoe gelukkig ons is en hartseer gesiggies. Sonde kan groot ongelukkigheid veroorsaak. Kyk net al die trane. Ons ouer kinders begin vanaand met hulle nuwe studie Amazingrace@kruis van KidsXpress en dis groot pret. Die studie word begin met spanspeletjies. Hier word daar ernstig aan die opdragte gelees. Elke groep kry 'n paar dinge om te doen. Hulle sal weekliks teen mekaar meeding en dan aan die einde van die studie sal ons teen Al Ain se kindergroep deelneem. Ek kan nie die groepe se name wat hulle gekies het onthou nie, maar hier is een. En die wenspan van die aand is eerste klaar en hulle sit, wel amper almal sit. Hulle het ook 'n prys gekry. Daarna is dit terug binnetoe om na die boodskap te luister. Vanaand praat hulle oor hoe kinders ook moet besef dat hulle besig is om 'n geestelike wedloop te hardloop met vrae soos "Hardloop jy in die regte rigting" en "Waar begin jou wedloop". Hier doen hulle die pad wat Jesus moes stap. Die Hemel (Fil 2:6), Krip (Fil 2:7), Kruis (Fil 2:8) en Kroon (Fil 2:9. Jesus het rreeds die wedloop suksesvol voltooi en die roete vir ons voorberei sodat ek en jy ook kan deelneem. Jy hoef nie topfiks te wees om in te skryf vir die geestelike wedloop nie. Jesus het ons inskrywingsgeld aan die kruis betaal en vir jou die oorwinning te behaal en die Heilige Gees hardloop saam om jou krag te gee. Ons amazing race begin by die kruis! Die kinders kry elkeen 'n rooi papier om saam te vou. Dan knip ons dit versigtig en ...... sien daar ons eie rooi kruis! Die kruis word in ons boekie geplak met 'n persoonlike boodskappie van elkeen oor wat die kruis vir hulle beteken in hulle "log-boek". Ons sien uit na die res van die wedloop!!

No comments: