Tuesday, October 21, 2008

Sal ons soos Edmund enigiets doen vir lekkers?

Nie al ons kinders kom vanaand by die kerk byeen nie. Die tieners oa vergader by my huis waar hulle 'n dvd kyk. Die outjies wat wel by die kerk saamkom, sing soos altyd lekker saam. Hier sing hulle Glory and Honor en maak gebruik van "sign language" terwyl hulle sing. Dank kyk ons die tweede deel van ons lessie oor the lion, the witch and the wardrobe. Edmund wat nie regtig vir sy sussie Lucy glo oor Narnia nie, sien dit vir homself wanneer hy ook die koningin van Narnia ontmoet. Sy gee vir hom sy gunsteling lekkers, turkish delight, en warm sjokolade om inligting uit hom te kry. Sy belowe om hom 'n prins te maak indien hy haar help. Wanneer hulle dan eindelik terug by die huis is, ontken hy dat hy wel vir Narnia gesien het.... wat sal die rede wees? Die kinders speel 'n aflosspeletjie met M&M lekkergoed. Hier gryp Amy en Thomas elkeen 'n spesifieke kleur en hardloop terug na hulle groep toe. Daleen soek haar kleur terwyl sy 'n hand vol van die ander kleure vashou. Die ou professor kom weer kuier en alhoewel hy makliker aanpas in die hitte vanaand, praat die ou maar bietjie onduidelik. Hy vertel hulle wat koningin van Narnia en Edmund verteenwoordig en hoekom Lucy se broers en suster Narnia nie kon sien nie. Enige van julle wat die antwoord ken? Daar word ook 'n bietjie gepraat oor Edmund wat so maklik omgekoop word met lekkers om nie die waarheid te praat nie. Die maats kry dan kans om hulle logboek oor Narnia in te vul. Klein Thomas moet vandag spesiale vermelding kry vir die oulike manier waarop hy in sy boekie gewerk het. Vir ons snack kry ons vanaand soos Edmund lekker warm sjokolade om te drink. Tannie Charmaine skink vir TJ terwyl die res wag vir hulle beurt.
Moenie volgende week se episode van Narnia mis loop nie ...!!

No comments: