Thursday, November 13, 2008

Ons moet ons gawes vir God gebruik

Ons maats is soos gewoonlik baie gretig om met die worship te begin en selfs terwyl ek nog kyk na watter liedjies begin die klomp meisies al saam dans en sien. Die seuns het ook nie 'n probleem om lekker saam te sing en dans nie. Welkom terug tannie Heleen! Ons leer ook vanaand twee nuwe liedjies en gou-gou het hulle dit onder die knie. Kyk net hoe lekker sing die klompie saam. Die volgende deel van die dvd word gekyk. Daarna speel ons 'n speletjie oor "karakters". In die storie het 3 van die kinders die gawes "gifts" wat hulle ontvang het gebruik om ander te dien. Wanneer ons ons gawes ontvang moet ons dit ook gebruik om ander te dien en om God daarmee te verheerlik. Ons maak vlaggies wat die versie vir ons leer.
Die tieners luister vanaand oa na 'n baie geseende praatjie en musiek van Retief Burger op dvd --- 'n goeie rede vir geen foto's ---

No comments: