Friday, November 7, 2008

Ons hoor van ons GROOTSTE geskenk ooit

Soos gewoonlik begin ons die aand met lofsang en alhoewel die maats maar stadig en sag begin, raak dit beter hoe langer ons sing. Hier so 'n paar foto's. Dis so belangrik dat ons weet dat wanneer ons God prys met ons musiek ons dit vir Hom en nie die maats of tannies doen nie.




Ons kleintjies doen mos die verkleurmannetjies reeks waar ons fokus op vyf bybelkleure, GOUD, SWART, ROOI, WIT EN GROEN. Ons het reeds goud (God) en swart (sonde) gedoen en hierdie week begin ons met rooi (Jesus). Ons luister vanaand na die storie van Jesus se geboorte. Dan kry ons elkeen 'n staltoneel wat ons met springmielies en pretzel-stokkies versier terwyl die storie hersien word. Kyk net hoe hard werk Nicholas en Emma (en haar pappa) om die skapie met springmielies te plak. Chane smeer eers die gom goed dat die springmielies kan vassit. Nika en Nicholas werk mooi. Kyk hoe mooi het Nelmari en Liaam die ster gemaak! Dis groot met goud ingekleur. En natuurlik is daar tussen-in geproe aan die springmielies en pretzels deur die kleintjies en die nie-so-kleintjies! Een vir plak en een vir proe, een vir plak en een vir proe, ens. Klein Emma se prentjie nadat sy klaar is.



Die groter kinders is nog steeds begin met die boekie oor hulle amazingrace by die kruis. Eers word daar in spanne opgedeel waar ons 'n paar moeilike oefeninge met 'n tennisbal moet doen. As ons die bal misvang of laat hop moet ons oor begin totdat ons klaar is. Kyk net hoe vang Daleen die bal .... Wayne het 'n paar keer moes probeer maar toe hy die tegniek het, was dit sommer poeding. Marcelle konsentreer mooi om die bal te vang en help vir Wayne dat die seuns die kompetisie wen. Luandi wys ons dat mens nie opgee nie en sy voltooi dit ook. Tannie Charmaine verduidelik vir hulle hoekom hulle die oefening gedoen het. Ons kyk ook na die effek wat 'n vit C lekker in water het teenoor 'n vit C bruistablet. Baie Christene wat aan die geestelike wedloop deelneem probeer dit in hulle eie krag doen en dan is dit dieselfde effek as die lekker ~ daar gebeur eintlik niks en dit bly bloot op die bodem. Wanneer ek die Heilige Gees toelaat om sy krag deur my te laat werk gebeur dieselfde as met die bruistablet. Die kleur, geur en energie wat dit vrystel, vul die glas en verander my en ons kry krag om ons wedloop voluit te hardloop. Dan doen ons 'n aktiwiteit in ons logboek om uit te vind in watter bybelboek die versie "Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie." (Jesaja 40:29) staan. Wanneer ons getoets word in die geestelike wedloop, waar kry ons ons krag vandaan?

No comments: