Thursday, November 6, 2008

Ons tieners hou konferensie

Verlede naweek het ons 'n groot Konferensie in Dubai gehad. Die volwassenes was deel van die "Sluier-konferensie" van Elsa Meyer terwyl ons tieners die voorreg gehad het om na Johan Smith te luister tydens die Jeugkonferensie. Johan is die skrywer van oa die boeke "Elke dag saam met God; Kuiertyd met Jesus; As die lewe jou klap; Survivor vir jongmense; Jy is God se oogappel en sy nuutste "Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is". Hier is 'n opsomming van die dag met twee of drie foto's



Tieners/ons... as ek van tieners praat deur die opsomming, sluit dit ons almal in... ek ... het heeldag en elke dag te doen met die wereld en die sterk pull om te konformeer aan die wereld se standaarde. Die stryd het ontstaaan toe Adam en Eva gekies het om van die een boom wat God hulle belet het, se vrugte te eet. Van toe af maak mense allerhande planne om God weer in die oe te kan kyk... wegkruip het nie gehelp nie en klere van velle om die naaktheid te bedek ook nie ~ planne wat ons vandag maak: ons gaan kerk toe... en raak heel ontnugter in mense se gebrek aan liefde en begrip vir mekaar en die "kerk" se verkramptheid dryf tieners na ander dinge... drank, dwelms, seks. Wanneer hulle dan stukkend en opgebruik is, begin die groot soek.


Vader God het geweet dat die enigste manier om te ontsnap nie ENIGE IETS is wat ons kan doen nie... nie al die bid en Bybel lees en kerk toe gaan en ophou rook of geld gee vir die kerk en armes gaan ons een tree nader aan Hom bring nie. Ezegiel 33:12 “Mens jy moet vir die mense van jou volk se: Die goeie dade van ‘n goeie mens sal hom nie red die dag as hy teen My in opstand kom nie, en die slegte dade van ‘n goddelose sal nie teen hom tel die dag as hy hom van sy slegte dade bekeer nie“
So wat dan: GENADE... Hy stuur Sy Seun Jesus, sit al die sonde van elke mens wat ooit geskape is op Hom en laat Hom aan 'n kruis vasspyker, afdaal na die doderyk om die hel en dood te oorwin, wek Hom op en ons saam met Hom... as ons die keuse vir Hom maak. Dit is nie 'n proses nie. Die man wat aan Jesus se regterkant gehang het, het in 'n oogwink vergifnis en plek in die hemel gehad toe hy BELY en vergifnis vra.

Lukas 23:43 Jesus antwoord hom, “vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Lukas 18:9 Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg was en op ander neergesien het...

Wat moet ons dus doen?
* Bely dat ons sondig is
* Vra vergifnis
* Loop die pad met Jesus

2 Kor 5:21
Christus was sonder sonde, maar God het hom in ons/my plek as sondaar behandel sodat ons, deur God vrygespreek kan wees.”

Dit beteken nie ons ontsnap die wereld en al ons sorge en swaar is verby nie, want die wereld is stukkend en die Duiwel regeer, maar ons moet onthou dat die Duiwel nie oor ons heers nie en dat ons aan Vader vashou ook en veral wanneer niks wat gebeur enige sin maak nie


Ek/Ons maak elke dag die keues om aan Hom vas te hou en elk lees Bybel om meer van Hom te weet en ek gaaan saam met die ander lede van die Kerk na byeenkomste waar ons Hom saam loof, mekaar dien en dan uitgaan in die donker wereld om ons lig te laat skyn
God het ons UNIEKE INDIVIDUELE gemaak
Die wereld steel dit van ons
Ons uniekheid verdwyn deur te CONFORM.
Ons individualiteit verdwyn deur te COMPARE. Wanneer ons onsself met ander vergelyk, raak ons jaloers en dit lei tot woede en aggressie
Vergelyk koning Saul wat soos Dawid wou wees: En toe neem God sy koninkskap van hom weg

1 Samuel 13:14: Maar nou sal jou koninkskap nie bevestig word nie. Die Here sal vir Hom 'n man na Sy hart soek. Die here sal hom aanstel as regeerder oor Sy volk.

En Saul is woedend

1 Samuel 18:8 Saul het hom vererg oor die mense gese het Saul het duisende verslaan maar Dawid sy tienduisende

Daarna het Saul Dawid wantrou.

Was dit vir Saul nodig om so minderwaardig te voel teenoor Dawid:

Kyk 1 Samuel 9:2 “Saul was sterk en mooi. Onder die Israeliete was daar niemand mooier as hy nie. Hy was ‘n kop langer as enige van sy volksgenote.

Daar is waarhede in ons wat ons nie verstaan en raaksien nie. Net soos Saul se jaloesie hom vernietig het so ons eie

Hoogmoed
Independence
Woede
Aggressie

Jesaja 14
Die wat reeds in die doderyk is word wakker gemaak, almal wat leiers op aarde was, wat konings van nasies was moet van hulle trone af opstaan. Jy met jou hoogmoed, met die klank van jou harpmusiek en al in die doderyk beland . Jy wat gedink het jy klim die pad hemel toe om op jou troon te gaan sit waar die gode mekaar ontmoet... jy stort af in die doderyk, tot in die diepste deel.”

Die Duiwel gebruik enige iets en enige persoon, ook die mense wat na aan ons is, familie, vriende, en mense vir wie ons respek het... onderwysers en "idols" (maer modelle, manne met spiere op plekke wat ons nie weet ons het nie... looks... en brains

Johan se: B B P beauty, brains, performance)... en ons voel minderwaardig en kruip in 'n hoekie en voel jammer vir onsself en begin God en almal ander blameer vir ons onvolmaaktheid en stryd.)

In ons swak tye is ons fragile en dan vertel die Duiwel leuens oor onnself: Ons veg die Duiwel met kennis van die WOORD van God wat ons swaard is.

God is ver en op 'n afstand: Lees Psalm 23:4 “Al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie want U is by my. In U hande is ek veilig

God is onbetrokke. Hy het jou nie lief nie: Lees Hosea 11:8 “Hoe kan Ek jou prysgee. Hoe kan Ek jou laat vaar? Hoe kan ek jou vernietig. Ek kan dit nie oor My hart kry nie. My liefde brand te sterk.”

God is onsimpatiek: Lees Psalm 56:9 “My ellende het nie ongemerk by U verby gegaan nie. “

God het van jou vergeet: Psalm 27:10 “Al sou my vader en moeder my verlaat, die Here sal my onder Sy sorg neem.”

Wat is die hoop in my pyn en seer:

Ek sal God nie verstaan of peil nie. Hy is verborge en Sy planne is verborge.

1 Kor 13:12 “Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieel, en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. “

Prediker 11:5 “Net so min soos jy kan verstaan hoe liggaam en gees bymekaar uitkom in die skoot van ‘n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles”

Spreuke 25:2 Die eer van God le in wat Hy verborge hou;

Ek moet Hom vertrou en weet Hy weet die beste en Hy weet watter planne Hy vir my het.

Jeremia 29:11

Ek weet wat Ek vir julle beplan, se die Here:” Voorspoed en nie teenspoed ; nie Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!

Ons doel behoort te wees: To be AMAZING SPIRITUAL CHAMPIONS!!!!

No comments: