Wednesday, November 5, 2008

Groot en klein hou konferensie

Die naweeek van 25 Oktober het ons 'n groot konferensie vir volwasenes en tieners in Dubai gehad. . 'n Volledige verslag oor die tieners se konferensie is more op ons blog en binnekort sal die Sluier-konferensie ook op die vroueblog beskikbaar wees. Daar was sekerlik 300 + en ons was baie bly oor die kinders van Abu Dhabi wat ook daar was. Kyk bietjie wie het ek raakgeloop ...Daar was maklik 300 mense wat vir die Sluierkonferensie olv Elsa Meyer opgedaag het. Die kleuters het hulle eie "speel-konferensie" gehad. Die ander kinders onder 12 het ook bymekaar gekom. Hier het ons vir Role, Rico, Chane, Marchelle en Nika gehad. Die twee manne was net 'n bietjie te groot vir die groep en net 'n klein bietjie te klein vir die ander ... maar ons is bly julle was daar ouens. Oom Greg, tannie Vicky, Crispin, Celine en Celandre van Al Ain was ook daar. Wat beteken daai kyk Greg? By die tieners het ons vir Rikus, Ruan en Nelmari gehad. Nelmari en die maats van die vorige jeugkamp vang op met die kuiers. Baie van ons mammas en pappas was daar en Ruanda jy sal my vergewe dat ek hierdie foto plaas .... jy lyk regtig skuldig .... hoekom? :-).

Kom loer more wat het by die tienerkonferensie gebeur.

No comments: