Tuesday, November 4, 2008

Ons elkeen 'n spesiale geskenke van God gekry

Is dit nie amazing hoe ons Hemelse Vader 'n boodskap kan vat en seker maak ons almal hoor dit op dieselfde tyd nie! Hierdie week het ons dit net weer eerstehands ervaar. Dieselfde boodskap in ons Vrouestudie vir die week, was die boodskap wat ons kinder- en tienergroep vanaand moes hoor EN dit was deel van die boodskap tydens die jeugkonferensie. Kyk ons het al met baie kinders in ons lewe gewerk, maar min kom by die groepie dogters en van die seuns wanneer dit by lofprysing kom nie. Hulle het verby of nee hulle was net nooit op daardie stadium wat hulle skaam was om met sang, dans en musiek die Here te prys met lofsang nie. Selfs ons groot manne kom so stadigaan by ... wie kan nou nie aangesteek word deur die entoesiasme nie. Ons begin met ons stukkie van die DVD en kyk waar "kersvader" Narnia besoek en vir almal geskenkies uitdeel. Ons sien ook hoe Thomas wat net aan homself gedink het, agterkom dat die "koningin" vir hom gejok het en hy kry baie swaar. Daarna luister ons na die professor wat vertel van God wat vir elkeen van ons 'n geskenk(e) gegee het. Iets spesiaal en iets wat spesifiek net vir ons is ... ons eie unieke gawes. Dan speel ons 'n bybelversie speletjie waar ons in spanne 'n boodskap in 'n sakkie kry en dan 'n item (gedeelte van 'n vers) moet gaan kry. Wanneer die hele span klaar is, moet ons die versie "There are different kinds of gifts, but the same spirit - 1 Cor 12:4-5" Ons werk ook in ons "logboek" en kyk wat elkeen se spesiale gawes is nav wat ons sover in die dvd sien : Teaching, Hospitality, Mercy and Leadership. Hoewel elkeen na bietjie dink kon dink wat sy/haar unieke gawe is, het twee seuns gese al vier en Dominique onmiddelik gese het teaching wat deur Claudia beaam word. Vir verversings kry ons die kos waarmee ons gespeel het (dit klink nie reg nie) en moet dit met mekaar deel en die cupcakes versier ~ leer mededeelsaamheid. Kyk net hoe is daar gesmeer en gekonsentreer voordat daar heerlik geeet is. Die tieners aan die ander kant het dit nie so maklik gehad nie. Hulle moes die regte vraelys invul dat ons kan bepaal wat ons gawes is, sodat ons dit meer en meer vir God kan gebruik. As mens teveel praat, kry jy dan ook 'n sorbet-stokkielekker om jou mond te hou (die groepleier ken haar seker goed).

No comments: