Sunday, November 16, 2008

Ons besoek Dreamland - deel 1

Saterdag het ons saam met kinders van Al Ain, Dubai en Sharjah bietjie by die waterpark Dreamland in Umm Al Quwain gaan kuier en dit was 'n groot fees. Met 'n kamera-assistent wat kla ek wil teveel afneem, het ek orals in die uitgebreide park vir ons kinders gesoek. Ek kan ongelukkig nie al +150 foto's vir julle wys nie, maar kyk oor die volgende drie dae na van die hoogtepunte. (Die ander sal ek in die foto album sit as daar maats en ouers is wat wil aflaai). Ons kry mekaar by die Al Ghazal se golfklub en alhoewel ek baie trots is op ons kinders wat stiptelik was, is die bus op Abu Dhabi tyd en moet almal bietjie wag. Dis ook lekker want die ouers kry kans om met mekaar te kuier. Hierdie twee boeties, Armand en Liam is reg vir die dag. Ek wonder wat is hierdie manne se planne, Morne, Ruhan, Wayne en Rikus ernstig in gesprek. En dan is ons almal in die bus en die opgewondenheid is hoor- en voelbaar. Die jongerseuns en meisies sit en kaartspeletjies speel om die twee uur rit kort te hou. En was dit nodig, want Dubai se verkeer het weer hulle reputasie gestand gehou en ons wag vir 20 min om deur 'n sirkel te kom. Ons kinders vra hoe lank nog, maar hulle gedra hulle puik. Bly kom ons eindelik by die Dreamland aan en ons wag oor deur die hekke te gaan en ons armbandjies te kry. En die lekker om al die ander bekendes te sien nadat ons binne is. Blommie verduidelik die reels aan die groep en almal moet 1 uur weer kom aanmeld vir middagete! Die eerste rit wat my "modelle" aandurf is die Family ride. Kyk daar bo staan hulle en wag hulle beurt af. En hier kom hulle .... mens sien net water spat! Onder en daar word hard gelag vir pret wat ek nie op kamera kon vasvang nie. Vir oulaas word daar nog golwe gemaak. En dan word hulle nader gehak. Op die rit is Nelmari, Rikus, Armand, Liam en Minri. Al ons kinders het hierdie rit 'n paar keer gedoen. Rondom die waterpark is daar ook die lazy river waar ek twee van ons mense van Al Ain sien. Hierdie rit se naam kan ek nie onthou nie, maar hierdie een wat so kop oor stert afkom is Nelmari en die ander het gevolg. Die twister waar alles in die binnekant gebeur was 'n gewilde kuierplek vir Lorenco en Henry. Daar is nog baie, kom kyk weer more.

No comments: