Showing posts with label Uitstappie08. Show all posts
Showing posts with label Uitstappie08. Show all posts

Tuesday, November 18, 2008

Ons besoek Dreamland - deel 3

Ek hoop dat julle die foto's van ons uitstappie geniet het, hier is die laaste paartjies van al die moee kindertjies. Klein Crispin van Al Ain, het geeet tot hy aan die slaap val, hoe dan anders terwyl sy pappa Greg hom vashou. Na ete was dit terug na die water vir die ander. Ruhan rustig in die lazy river na ete. Hierdie twee is duidelik te groot om in die volkaanpoel met die seekoeie te speel. Daar was ook 'n heerlike water volleyball en basketbal "baan/bad" waar daar lekker gespeel is. Die klompie van Dubai rus 'n bietjie nadat hulle met die glybaan af gekom het. Hierdie ouens wag vir die wave poel om lekker branders te maak. En as kinders kan moeg raak, dan was hierdie viertjies moeg en reg om huistoe te gaan toe halfvier aanbreek. Opgepak en reg vir die terugrit word daar eers padkos by die winkeltjie gekoop. Ons het gedink dalkies gaan die kinders heelpad slaap omdat hulle so moeg is ... maar nee.... op en wakker. Ons sit vir amper 90 min in die verkeer en ons kinders gedra hulle uitstekend sonder 'n enkele klagte. Die laaste ou om opgelaai te word by die huis .... nou kan mens sien hulle is moeg. Liam en Armand ry saam met ons huis toe en die dag is nou net te lank. Dankie kinders dat julle jul so puik gedra het, dankie ouers vir julle wonderlike gesindheid toe ons sooooo laat eers opdaag, dankie oom Greg vir die reel van die dag en dankie Pappa dat U vir ons hierdie wonderlike dag gegee het om te geniet en dat U met ons was daar en oppad.

Monday, November 17, 2008

Ons besoek Dreamland - deel 2

Soos ek reeds genoem het, het ons kinders hul puik gedra en alles baie geniet. Hier kom vyf van hulle in 'n resies af by een van die waterglybane. Die water word met 'n groot slag getref. Die reeling was om 1 uur in te klok vir middagete en met al die baljaar in die water kon mens jou horlosie stel met die kinders se inklok. Eintlik het almal so tien minute voor die tyd reeds begin aankom en bietjie kom wag-rus. Megan, Claudia en Mariette is reg vir die kos. Blommie van Dubai smeer bietjie sonbrandroom terwyl Hannes rus. Amy, Daleen en Luandi kom ook vir kos. Almal val in die tou by die Snack Attack soos honger wolwe. Die tannie van Sharjah bring haar gesin se kos. Kyk net hoe lekker smul hulle aan die hoender. Amy het nou ook haar kos en ek's reg om al ons kindertjies af te neem sodat die ouers kan sien hulle het kos gekry. Ek vermoed hulle sou doodhonger die aand van die bus af kom ook. Dominique, Mariette en Claudia geniet hulle ete. Megan, Amy, Daleen en Luani besig met hulle hoender, skyfies en koeldrank. Ruan en Wayne kan nie nog vir Morne wag nie, hulle begin eet. Ek weet wat Rikus dink oor hierfdie fotonemery terwyl hy eet, en miskien Armand ook, maar Liam gee nie om nie. Hierdie manne sit van lank na kort terwyl hulle hul kos geniet. Die twee tieners het AL hulle kossies geeet en nog pizza ook!! Die Sloans van Al Ain en Charmaine kuier ook lekker rondom die kostafel.
Kom loer more vir die res!

Sunday, November 16, 2008

Ons besoek Dreamland - deel 1

Saterdag het ons saam met kinders van Al Ain, Dubai en Sharjah bietjie by die waterpark Dreamland in Umm Al Quwain gaan kuier en dit was 'n groot fees. Met 'n kamera-assistent wat kla ek wil teveel afneem, het ek orals in die uitgebreide park vir ons kinders gesoek. Ek kan ongelukkig nie al +150 foto's vir julle wys nie, maar kyk oor die volgende drie dae na van die hoogtepunte. (Die ander sal ek in die foto album sit as daar maats en ouers is wat wil aflaai). Ons kry mekaar by die Al Ghazal se golfklub en alhoewel ek baie trots is op ons kinders wat stiptelik was, is die bus op Abu Dhabi tyd en moet almal bietjie wag. Dis ook lekker want die ouers kry kans om met mekaar te kuier. Hierdie twee boeties, Armand en Liam is reg vir die dag. Ek wonder wat is hierdie manne se planne, Morne, Ruhan, Wayne en Rikus ernstig in gesprek. En dan is ons almal in die bus en die opgewondenheid is hoor- en voelbaar. Die jongerseuns en meisies sit en kaartspeletjies speel om die twee uur rit kort te hou. En was dit nodig, want Dubai se verkeer het weer hulle reputasie gestand gehou en ons wag vir 20 min om deur 'n sirkel te kom. Ons kinders vra hoe lank nog, maar hulle gedra hulle puik. Bly kom ons eindelik by die Dreamland aan en ons wag oor deur die hekke te gaan en ons armbandjies te kry. En die lekker om al die ander bekendes te sien nadat ons binne is. Blommie verduidelik die reels aan die groep en almal moet 1 uur weer kom aanmeld vir middagete! Die eerste rit wat my "modelle" aandurf is die Family ride. Kyk daar bo staan hulle en wag hulle beurt af. En hier kom hulle .... mens sien net water spat! Onder en daar word hard gelag vir pret wat ek nie op kamera kon vasvang nie. Vir oulaas word daar nog golwe gemaak. En dan word hulle nader gehak. Op die rit is Nelmari, Rikus, Armand, Liam en Minri. Al ons kinders het hierdie rit 'n paar keer gedoen. Rondom die waterpark is daar ook die lazy river waar ek twee van ons mense van Al Ain sien. Hierdie rit se naam kan ek nie onthou nie, maar hierdie een wat so kop oor stert afkom is Nelmari en die ander het gevolg. Die twister waar alles in die binnekant gebeur was 'n gewilde kuierplek vir Lorenco en Henry. Daar is nog baie, kom kyk weer more.