Monday, November 17, 2008

Ons besoek Dreamland - deel 2

Soos ek reeds genoem het, het ons kinders hul puik gedra en alles baie geniet. Hier kom vyf van hulle in 'n resies af by een van die waterglybane. Die water word met 'n groot slag getref. Die reeling was om 1 uur in te klok vir middagete en met al die baljaar in die water kon mens jou horlosie stel met die kinders se inklok. Eintlik het almal so tien minute voor die tyd reeds begin aankom en bietjie kom wag-rus. Megan, Claudia en Mariette is reg vir die kos. Blommie van Dubai smeer bietjie sonbrandroom terwyl Hannes rus. Amy, Daleen en Luandi kom ook vir kos. Almal val in die tou by die Snack Attack soos honger wolwe. Die tannie van Sharjah bring haar gesin se kos. Kyk net hoe lekker smul hulle aan die hoender. Amy het nou ook haar kos en ek's reg om al ons kindertjies af te neem sodat die ouers kan sien hulle het kos gekry. Ek vermoed hulle sou doodhonger die aand van die bus af kom ook. Dominique, Mariette en Claudia geniet hulle ete. Megan, Amy, Daleen en Luani besig met hulle hoender, skyfies en koeldrank. Ruan en Wayne kan nie nog vir Morne wag nie, hulle begin eet. Ek weet wat Rikus dink oor hierfdie fotonemery terwyl hy eet, en miskien Armand ook, maar Liam gee nie om nie. Hierdie manne sit van lank na kort terwyl hulle hul kos geniet. Die twee tieners het AL hulle kossies geeet en nog pizza ook!! Die Sloans van Al Ain en Charmaine kuier ook lekker rondom die kostafel.
Kom loer more vir die res!

No comments: