Tuesday, November 18, 2008

Ons besoek Dreamland - deel 3

Ek hoop dat julle die foto's van ons uitstappie geniet het, hier is die laaste paartjies van al die moee kindertjies. Klein Crispin van Al Ain, het geeet tot hy aan die slaap val, hoe dan anders terwyl sy pappa Greg hom vashou. Na ete was dit terug na die water vir die ander. Ruhan rustig in die lazy river na ete. Hierdie twee is duidelik te groot om in die volkaanpoel met die seekoeie te speel. Daar was ook 'n heerlike water volleyball en basketbal "baan/bad" waar daar lekker gespeel is. Die klompie van Dubai rus 'n bietjie nadat hulle met die glybaan af gekom het. Hierdie ouens wag vir die wave poel om lekker branders te maak. En as kinders kan moeg raak, dan was hierdie viertjies moeg en reg om huistoe te gaan toe halfvier aanbreek. Opgepak en reg vir die terugrit word daar eers padkos by die winkeltjie gekoop. Ons het gedink dalkies gaan die kinders heelpad slaap omdat hulle so moeg is ... maar nee.... op en wakker. Ons sit vir amper 90 min in die verkeer en ons kinders gedra hulle uitstekend sonder 'n enkele klagte. Die laaste ou om opgelaai te word by die huis .... nou kan mens sien hulle is moeg. Liam en Armand ry saam met ons huis toe en die dag is nou net te lank. Dankie kinders dat julle jul so puik gedra het, dankie ouers vir julle wonderlike gesindheid toe ons sooooo laat eers opdaag, dankie oom Greg vir die reel van die dag en dankie Pappa dat U vir ons hierdie wonderlike dag gegee het om te geniet en dat U met ons was daar en oppad.

No comments: