Wednesday, November 19, 2008

Ons leer dat sonde kan ons van God skei

Ek's hierdie week bietjie laat met die foto's en les, maar ek wou almal kans gee om rustig deur die Dreamland uitstappie se foto's te loer. Ons sing weer lekker vanaand en leer selfs twee nuwe liedjies wat ons kinders sommer in 'n japtrap vat en uit volle bors saamsing. Dis min dat ek ons tieners kan afneem sonder dat 90% van hulle wegduik vir die kamera. Net sodat hulle ouers ook kan sien, hulle sing net so lekker saam. Ons sluit af met Glory and Honor .... to You we bring. Buite word daar eers speletjies ter inleiding van die les gespeel en die maats moet mekaar onder andere dra. Hier luister hulle eers na die opdragte. Dan word daar in spanne ingedeel. Om iemand te "dra" is nie altyd so maklik nie. Lyk asof Claudia maar vir Amy en Jumarie help. Klein Thomas is sommer maklik vir Megan en Dominique om te dra. Lyk of hulle hardloop. Amy, Daleen en Jumarie kry dit ampertjies reg. Dis nie net die meisies wat krag het nie... hier dra Clark en Henry vir Liaam. Dan is dit terug na die klaskamer en weer in groepe. Hierdie keer moet ons 'n bybelversie soek. Tannie Charmaine verduidelik eers voordat ons begin. Ek wonder of hierdie twee manne hoor wat sy se? Kyk hoe ernstig word hierdie versie in die klomp letters gesoek. Lyk of Liaam gekry het waarna hy gesoek het. Die versie tussen die skommelwoorde is "For the wages of sin is death, but the Gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord." Rom 6:23.
Vanaand word daar nie dvd gekyk nie maar die stukkie van die fliek word as 'n storie vir die kinders gelees. Ons hoor hoe sonde 'n groot probleem kan veroorsaak as jy van God geskei word. Hoe mens net God se naam kan roep en Hy is daar om ons te help en ons sonde vergewe. Vir aktiwiteit word 'n papierbeker leeu gemaak. Lyk asof die les vanaand vir tannie Heleen 'n bietjie stresvol was, of miskien is dit die stres van die werk .... maar Devon help bietjie om haar beter te laat voel.
Aan die meeste van ons maats wat eerskomende week met eksamen begin wens ons alle sterkte toe. Leer mooi hard!

No comments: