Monday, November 24, 2008

Ons hoor van gawes en dankbaarheid

Baie van ons ouers en kinders woon vanaand 'n konsert van 'n SA kunstenaares by in Dubai en kan nie by die groep wees nie, maar 'n paar maats daag wel op! Kyk net hoe lekker sing Chane en Nika hier. Hier is die paartjies besig met 'n ander liedjie. Ons leer 'n nuwe Engelse liedjie en Afrikaanse liedjie vanaand. Ons 'verkleurmannetjies" luister na die storie van die blinde man vanaand, maar eers versier ons 'n masker met die woorde "Dankie Here vir my ogies". Ons praat ook oor wat is 'n loflied en ons nuwe liedjie is "Ek's so bly ek behoort aan Jesus". Hulle teken gesiggies van kinders van lofliedere sing. Ons hoor dat in Ps 8 se die Bybel as kinders en babas 'n loflied vir God sing, bly die duiwel stil. In 'n loflied se ons vir God dat Hy wonderlik is. Ons groter maats praat oor hulle gawes en die dinge wat hulle van hou en goed is in. Hulle trek "gawes" uit 'n sakkie en daar word gekyk of hulle dit kan doen of nie. Hier is Luandi besig om een van haar talente te demonstreer.
Hulle hoor dat in 1 Petrus dat "As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien. " So moet God in alles verheerlik word. As verversings maak hulle vir mekaar tee/koffie en bedien mekaar.
Ouers neem asseblief kennis dat daar nie volgende week kerk en kindergroep in Abu Dhabi is nie. (Die terrein is nie beskikbaar nie).

No comments: