Friday, August 8, 2008

Ons begin met 'n GROOT projek

Met klompie van ons maats wat nog op vakansie is, was dit baie lekker om van die gesiggies weer te sien. Ons het ook twee nuwe maats bygekry. Klein Christiaan besoek ons vir die eerste keer en alhoewel hy nog nie heeltemal wou saam sing en dans nie, het hy later in die aand goed deelgeneem aan die aktiwiteite. Jeandre het ook nou by sy twee sussies Monique en Zanelle aangesluit by ons groep. Hy het sommer onmiddelik saam gesing en dans en ons baie mooi gehelp met die aktiwiteit. Was baie lekker om jou ook hier te he Jeandre. Die singery het maar saggies en hakerig begin, maar na die einde spoed opgetel. Hier sing en wys hulle mooi Lees jou Bybel en bid elke dag. Kyk hoe mooi sing Jeandre saam aan Wonder God. Die Vorster boeties (Liam en Nicholas) se gunsteling liedjie van "Surfing" word gesing en hulle dans lekker saam. Dan kyk ons 'n DVD Bybelstorie. Ons het baie oulike nuwe materiaal aangekoop wat vanaf September wanneer almal terug is, mee begin gaan word. Wat ons gedurende die "oorgang" tyd oa gaan doen is 'n groot handwerk item van die Skepping, as groep maak. Hou die spasie weekliks dop om die vordering te sien. Knip, skeur en plak was hierdie week gebruik om dag 1 van die skepping te maak. Almal het hard saamgewerk om die verskil tussen dag en nag mooi uit te beeld. Kyk net hoe mooi werk boetie en sussie saam. Die prentjie vorder en die plakkery gaan vinniger. Amper klaar kyk net hoe mooi lyk dit al! Dankie tannie Mariette en oom Johan wat gehelp met met die knip van die stukkies. Om die eindproduk van dag een te sien ... moet julle maar 'n bietjie wag.

No comments: