Saturday, June 28, 2008

God kyk altyd uit vir ons

Ons laaste groepie voordat ons breuk vir Julie en meeste van ons kinders iewers in Suid-Afrika vakansie hou. Ons sing al ons gunsteling liedjies en hierdie een "Before I Go" is Marcelle s'n. Wonder God is 'n groot gunsteling! Hier is tannie Charmaine en Elriza besig met die "Surfing" liedjie. Dis die eerste twee wat die dansie reg kry vanjaar! Ons kyk daarna 'n DVD storie oor God ons Herder en dan maak ons 'n plakkaat van skapies (ons) wat na die Goeie Herder (God) toe gaan. Hier trek Elriza die vingers wat die skapies gaan word. Dan plak ons watte om die skapies te maak en teken gesiggies. Niks verlore skapies nie, almal is oppad na die Goeie Herder toe!
Sien almal wat terug is van die vakansie weer Vrydagaand 1 Augustus en die outjies wat nie weggaan nie, sien julle Vrydagaand in die kerkdiens!

No comments: