Friday, July 18, 2008

Gebedsversoek

Ons Kindergroep gebruik die afgelope drie + jaar o.a die musiek van 'n Amerikaanse sanger Rob Biagi. Soos julle sal onthou is sy 2 jarige dogtertjie met Leukemia gediagnoseer. Klein Natalie is nog steeds onder behandeling en dit gaan nie altyd so goed met haar nie. Die familie en almal wat vir haar bid glo egter dat die klein dogtertjie met die sterk wilskrag baie binnekort gesond sal wees. Ons het nou die nuus ontvang dat haar pappa Rob, wie se musiek ons so geniet, ook hierdie maand met Leukemia gediagnoseer is. Ons vra dat julle saam met ons sal bid vir hierdie gesin en spesiaal vir mamma Kathleen, boetie Matt en sussie Julie wat nou twee familielede in die hospitaal het.

2 comments:

Anonymous said...

Ag julle ouens,-wat kan mens se?Ons as mense weet nie altyd hoekom hierdie dinge moet gebeur nie...Ons sal vir julle bid -dis al wat ons kan doen en ons glo en vertrou dat ons Vader kragdadig sal ingryp en iets mooi uit hierdie winter siesoen van julle famielie sal bring!

sterkte julle klomp en weet die Vader dra julle al voel dit nie so nie....

Muriel said...

Ek gaan ook vanaand 'n gebedjie doen. Dit is die pragtigste ou dogtertjie!!