Thursday, July 24, 2008

Bietjie handwerk - skoenlappers

Die somervakansie is nou halfpad en ek's seker baie ouers wonder hoe mens die kinders in hierdie hitte nog kan besig hou. Hier is twee aktiwiteite vir ons jonger maats as mamma of pappa lus het om bietjie met papier en verf saam met hulle te speel!

Hou die blog dop vir wanneer die verskillende groepe weer begin!!

Terwyl hulle die skoenlappers maak kan julle hul vertel van die lewe van 'n skoenlapper en hoe dit in 'n pragtige skoenlapper verander. Bybelversies wat julle kan gebruik is Esegiel 11:19; 2 Kor 5:17; 1 Pet 1:23; Joh 3:3 en Joh 3:7
Om hierdie pragtige skoenlapper te maak het ons die volgende nodig:

2 Velle wit papier
verskillende kleure verf
2 of 3 velle gekleurde papier
sker
gom
Wiggle ogies opsioneel
Swart koki
Instruksies:
1 Plaas een vel wit papier op die tafel of oppervlakte waar julle werk
2 Sit verf kolle van verskillende kleur op die papier (soos foto)
3 Sit nou die ander vel presies op die vel papier neer
4 Vryf nou saggies met jou hand daaroor om die verf te versprei. Koerantepapiere onder
sal help as die verf dalkies uitloop by die kante.
5 Haal dan die twee velle papier van mekaar af stadig. Daar behoort nou 'n spieelbeeld
van die prentjie te wees
6 Wanneer hulle droog is, sit hulle weer opmekaar neer. Verf op verf
7 Trek vlerkies op die papier en sny dit uit
8 Haal nou die prentjies weer van mekaar af sodat jy twee vlerkies het
9 Hulle kan nou op die punte van die vlerkies verf met verf of gekleurde glitter (dis lekker
morsig)
Die res
1 Vat die gekleurde papier en knip 8 repe vir die skakels. Dit kan een kleur wees of bv.
pienk en blou of blou en groen ens.
2 Plak jou eerste skakeltjie met gom dat dit 'n sirkel vorm
3 Die tweede een word deur die eerste een gesteek en geplak
4 Herhaal die proses met jou 8 skakels totdat dit langer as die vlerke is
5 Sit dit dan tussen die vlerke en gom dit vas op elke skakel wat plat le
6 Vir die antenas knip 'n dun stukkie papier, rol dit om 'n potlood sodat dit kan krul en
plak dit dan
7 Vir oe plak die wiggle ogies as jy het of laat hulle dit teken met 'n koki, so ook die mond
Julle kan gerus vir ons 'n foto'tjie stuur as die kleingoed dit gemaak het!

No comments: