Monday, July 28, 2008

Goeie Nuus

Ons Abu Dhabi Kindergroep sing ook graag Afrikaanse Gospel liedjies en loshande die gewildste CD's is van Soekie en die Radikids. Die laaste jaar het ons maar gesukkel met die CD's wat deurgespeel is en nerens vervang kon word nie. Goeie Nuus!!! .... Al Soekie se CD's en daar is 8 van hulle is nou weer beskikbaar en hulle kan direk by haar bestel word mailto:csoekiekr@lantic.net . Die CD's is 'n moet vir ons SAfrikaner kinders glo my !! Daar is ook twee DVD's van die liedjies beskikbaar.
Dankie Soekie vir die aanstuur van die CD's en DVD's, ek weet sommer ons kinders gaan dit sommer baie geniet om jou musiek vanjaar weer te sing en God Groot te Maak. Ons sien uit daarna om jou hier in Abu Dhabi te sien!

No comments: