Wednesday, July 30, 2008

Kom ons speel bietjie met klei

Die vakansie is nog volstoom aan die gang. Hier is so 'n paar idees om iets lekkers saam met julle kinders te doen.

Een van die gunstelinge by oud en jonk is klei. Onthou julle nog hoe maak mens dit?



Ons benodig:



1 koppie sout



1 koppie meel



1 koppie water



Voedsel kleursel



Meng dan die sout en meel in 'n groot bak (onthou as julle die kleintjies dit self laat meng om nie 'n glasbak te gebruik nie). Wanneer al die droe bestanddele lekker deur gemeng is, gooi water bietjies bietjies by terwyl julle nog steeds meng. 'n Druppel of twee kleursel kan ook nou bygegooi word. Meng totdat dit lekker stewig en nie klewerig is nie. Die deeg kan dan uitgerol word en met 'n koekiedrukker partrone maak of ietsie vorm.

Onthou om dit in 'n lugdigte houer te bere dan kan mens dit nog die res van die vakansie gebruik.



Julle kan ook dat hulle 'n bakkie soos dit van die klei maak en dan vertel julle vir hulle die storie van Jakob en Esau in Genesis 25.

No comments: