Showing posts with label handwerk. Show all posts
Showing posts with label handwerk. Show all posts

Thursday, July 24, 2008

Bietjie handwerk - skoenlappers

Die somervakansie is nou halfpad en ek's seker baie ouers wonder hoe mens die kinders in hierdie hitte nog kan besig hou. Hier is twee aktiwiteite vir ons jonger maats as mamma of pappa lus het om bietjie met papier en verf saam met hulle te speel!

Hou die blog dop vir wanneer die verskillende groepe weer begin!!

Terwyl hulle die skoenlappers maak kan julle hul vertel van die lewe van 'n skoenlapper en hoe dit in 'n pragtige skoenlapper verander. Bybelversies wat julle kan gebruik is Esegiel 11:19; 2 Kor 5:17; 1 Pet 1:23; Joh 3:3 en Joh 3:7
Om hierdie pragtige skoenlapper te maak het ons die volgende nodig:

2 Velle wit papier
verskillende kleure verf
2 of 3 velle gekleurde papier
sker
gom
Wiggle ogies opsioneel
Swart koki
Instruksies:
1 Plaas een vel wit papier op die tafel of oppervlakte waar julle werk
2 Sit verf kolle van verskillende kleur op die papier (soos foto)
3 Sit nou die ander vel presies op die vel papier neer
4 Vryf nou saggies met jou hand daaroor om die verf te versprei. Koerantepapiere onder
sal help as die verf dalkies uitloop by die kante.
5 Haal dan die twee velle papier van mekaar af stadig. Daar behoort nou 'n spieelbeeld
van die prentjie te wees
6 Wanneer hulle droog is, sit hulle weer opmekaar neer. Verf op verf
7 Trek vlerkies op die papier en sny dit uit
8 Haal nou die prentjies weer van mekaar af sodat jy twee vlerkies het
9 Hulle kan nou op die punte van die vlerkies verf met verf of gekleurde glitter (dis lekker
morsig)
Die res
1 Vat die gekleurde papier en knip 8 repe vir die skakels. Dit kan een kleur wees of bv.
pienk en blou of blou en groen ens.
2 Plak jou eerste skakeltjie met gom dat dit 'n sirkel vorm
3 Die tweede een word deur die eerste een gesteek en geplak
4 Herhaal die proses met jou 8 skakels totdat dit langer as die vlerke is
5 Sit dit dan tussen die vlerke en gom dit vas op elke skakel wat plat le
6 Vir die antenas knip 'n dun stukkie papier, rol dit om 'n potlood sodat dit kan krul en
plak dit dan
7 Vir oe plak die wiggle ogies as jy het of laat hulle dit teken met 'n koki, so ook die mond
Julle kan gerus vir ons 'n foto'tjie stuur as die kleingoed dit gemaak het!

Thursday, December 6, 2007

ECC - Ons "klaar" Kerskouse

In gister se foto's oor die verf van die kouse het almal hard gewerk aan die kouse en vandag wil ek julle graag 'n paar wys wat klaar is. Ongelukkig het van die kleintjies en groottes nie kom staan vir foto's nie, maar glo my hulle s'n was net so pragtig.
In gister se foto het ek een van die mammas Vanessa gevang met die kwassie in die hand en baie lus om te verf. Later die aand kry ek haar hard aan die verf ....ons is bly jy het saamgekuier Vanessa.Minute voordat hy daardie kous in die motor moet laai en Christiaan sit nog kleur by. Ek hoop dat die kous veilig by die huis aangekom het.
Dit gebeur min ... dat die twee vir my staan en glimlag vir 'n foto!!! Heleen en Sunette wys hulle kerskouse en het alle rede om so te glimlag, dis pragtig julle!! (Ek het nie kon verf nie Sunette want ek het nie 'n kaartjie om binne-in te sit nie)
Christian en Clark se pragtige kleurvolle kouse waarop hulle net so trots is.
Kyk net hoe mooi lyk Liam en Armand se kouse. Dieselfde prentjie maar tog ook anders.
Mariette se kerskous met die sneeuvlokkies op en Thomas se kleurvolle Kersvader
Megan se pragtige blou kous en Claudia se mooi groene met Kersvader op.
Henry met sy wit kerskous en Dominique met haar groene.
Ami met haar pragtige groen en rooi kerskous.
Nelmari met haar rooi/pienk kerskous met kerse en Charmaine met haar hondjie in 'n kerskous prentjie. (Ek wonder wat sy kry vir Kersfees?). Tussen hulle tannie Elise. Weereens baie dankie van ons en al ons kinders vir die aand Elise. Jy's uitstekend en almal het dit so geniet.

Tuesday, December 4, 2007

ECC - Ons verf kerskouse - Deel 1

Gisteraand was ons laaste kindergroep by ECC voor Kersfees en ons het 'n handwerkaand gereel vir die klomp. Elise Kruis wat baie handwerkklasse aanbied was so gaaf om vir ons kinders die aktiwiteit te lei.Vroeg reeds het sy vir elke kind 'n kerskous met 'n prentjie op geteken, kwassies en verf neergesit dat ons dadelik kan begin. Sy het elke kous self gemaak en die prentjies opgeteken. Vreeslik dankie vir die werk Elise ons waardeer dit.
Ek het nogals gedink weens die langnaweek, eksamens voor die deur en kuiermense sal baie van ons kinders nie opdaag nie, maar meeste van hulle was daar en reg om te begin...
Elise verduidelik vir die klomp wat om te doen en hoe om te begin en almal luister baie mooi.
Nelmari en Liana is reg om met hulle kouse te begin. Nelmari hoekom het jy 'n kwas in elke hand, verf jy nie net met een hand nie?
Boetie en sussie, Henry en Mariette ook reg om te begin terwyl Thomas (TJ) op die agtergrond al ernstig besig is.
Ansie was net kwassies terwyl Mia haar kous met 'n gemengde kleurtema aanpak.
Emma se kous gaan ook baie kleurvol wees kan ek sien. Mamma verduidelik waar sy kolle mis.
Die twee sussies, Megan en Ami begin met hulle kouse. Altyd reg met 'n glimlag vir die kamera.
Mamma Vanessa loer oor boeties Liam en Armand se skouer. Sy lyk self lus vir verf. Is die kwas in jou hand Vanessa?Clark het al mooi begin verf en Christian peins nog oor die kleure lyk dit my.
Claudia se niggies het kom kuier en hier sit sy en een van hulle en verf.
Elise verduidelik iets vir Nelmari en Dominique se niggie. Links sit Liana en haar Kersvader vorder en regs is Dominique met haar groen kerskous.Ek weet nie is Heleen en Sanette regtig besig of probeer hulle net die kamera vermy? Miskien konsentreer hulle net .... Liana se kerskous vorder ook en op die voorgrond die twee kleintjies s'n. Hulle het handafdrukkies op die agterkant gemaak.
William help vir TJ met sy kous terwyl hy besluit watter kleur volgende.
Dis nie net mammas wat saam verf nie, die pappas kan die versoeking ook nie weerstaan nie. Hier help Emma se pappa met die handafdrukke en Ansie en Mia ook besig.



Die kinders se kerskouse het pragtig gelyk .... maar kom kyk more weer, daar was teveel foto's om vandag op te laai.

Wednesday, November 28, 2007

ECC - Ons gaan handwerk doen

Ouers vandag is Maandag 3 Desember ook as 'n vakansiedag afgekondig en dit kan moontlik 'n invloed op ons "craft - Maandag" hê. Sal u asseblief die inligting rondom hierdie dag lees, en my asseblief voor Vrydagaand laat weet of en hoeveel die groep gaan bywoon.



Wat??




Ons gaan 'n artikel of twee vir Kersfees maak. Een van dit sal ons eie persoonlike Kerskous wees




Wie??
Hier is Elise besig om vir 'n groep te verduidelik.
Tannie Elise wat handwerk vir verskillende ouderdomsgroepe aanbied, gaan by ons kom kuier om vir julle die handwerk te laat maak.
Wanneer???
Maandagaand 3 Desember
om 7nm (gewone groeptyd) - 8.30nm
Vir die outjies wat eksamen skryf behoort dit nou goed te pas én 'n lekker breuk te wees na 'n langnaweek se swot.
Waar??
By ons gewone bymekaarkomplek, die ECC kerk kompleks
Wie almal??
Hier is Nelmari by 'n vorige kunsklas van Elise.
Al die maats, vriende en mammas wat my voor Vrydagaand laat weet
Koste
Dh20 per persoon. Elise moet die materiaal en verf ens. aankoop.
ONTHOU ASSEBLIEF OM MY TE KONTAK MET EPOS, COMMENT OF DIE BLOK OF SMS OF SKAKEKL MY VOOR VRYDAGAAND MET JULLE GETALLE.
(Ek verduidelik net weer gou hoe om te comment. Kliek op comment, skryf die boodskap, kies other, niks adres nie en publish)