Showing posts with label Afvr groep. Show all posts
Showing posts with label Afvr groep. Show all posts

Sunday, January 13, 2008

Afr - God praat met Moses

Vrydagaand het ons eers gedink net Daleen en Lou-Marie is alleen by die groep. Nie dat dit saak maak nie, ons het groep ongeag die getalle.Hier wag die twee vir nog maatjies
Kyk hoe lekker sing die kinders. Selfs Christiaan dans lekker saam.
'n Nuwe maatjie Carmen en sy het ook baie gou lekker saamgesing. Sy het alles gedoen wat die ander doen en baie vinnig die liedjies geleer. Hier sing sy "How will He live with me and you?"
Hulle doen God praat met Moses en hier word die prentjie op die veltbord geplak. Ons leer God kan alles doen .... ook 'n staf in 'n slang laat verander en terug en daarom kon Moses met vertroue teruggaan na Egipte. Christiaan het baie mooi die storie van baba Moses onthou.
Vir 'n aktiwiteit maak hulle 'n brandende bos. God wil graag met ons praat en ons gebruik, maar Hy vra dat ons luister en Hom vertrou om ons toe te rus.

Friday, January 4, 2008

Afr Kerk - God antwoord gebed

Vanaand het ons darem weer 'n bietjie maatjies gehad, so ons kon ons lessie doen.
Twee van ons maats was lank laas daar maar het gou-gou opgevang met die liedjies. Hier sing ons spesiaal 'n liedjie vir Christaan ... kyk al die vlieg soldaatjies
Die groter maats het vanaand gepraat oor hoe God ons gebede antwoord as ons:
1 - Aan Hom behoort (Johannes 1:12)
2 - By Hom bly (1 Johannes 15:5-7)
3 - Bid vir die regte goed (1 Johannes 5:14)
4 - Bid sonder ophou (1 Thes 5:17)
5 - Bid met geloof


Die kleintjies het die storie van Moses in die mandjie genoem. Dis die felt prentjie wat Christiaan geplak het.
Daarna maak ons vir Moses in die mandjie van klei. Klein boetie Cornu loer wat hy doen.
Kyk net al die oulike Mosesse in die mandjies

Die ouer kinders maak telefone van bekers en tou vir kontak. Ons moet met God kontak hou deur gebed.
Luanie maak haar telefoon. Sy het dit later met tannie Charmaine getoets en dit het goed gewerk.
Christiaan en sy mamma praat ook oor die foon.

Friday, December 28, 2007

Afr - Geen Kindergroep

Anders as ons kindergroep by ECC, is die Vrydagaand ene kerkgebonde wat beteken as die ouers kerk toe kom, is die kinders ook daar. Hierdie week het daar GEEN kinders opgedaag nie.

Behalwe dat al die voorbereiding gedoen is en aankope vir eet- en drinkgoed gemaak is, laat ons ons nogal nie onderkry deur die "no show" nie. Charmaine se seun Niel het kom kuier en hier wys sy en Nelmari vir hom 'n paar van die sing- en dans liedjies.

Dis nie volkspele nie, maar wel een van die liedjies. Charmaine en Niel doen iets wat baie soos tiekiedraai lyk.

Ons hoop en bid dat die kinders almal volgende week, na die vakansiebreuke weer terug gaan wees.

Friday, December 21, 2007

Afr Kerk - Ons luister na die Kersstorie

Vanaand was ons weer nie baie maatjies nie, maar die wie se ouers hulle nou gereeld bring, begin die program en die liedjies goed ken.
Klein Emily het ook kindergroep toe gekom vanaand. Hier wag sy, Nicholas en Liam vir die ander maatjies.
Chane sing, "nothing too big, nothing too small"

Marcel wys hoe "big"
Emily nog 'n bietjie oorweldig met die singery, maar Nelmari help haar met die bewegings.
Kyk net hoe lekker sing en beweeg Nicholas nou saam

Liam ken nou ook al 'n paar van die bewegings
Ons luister na die storie oor die geboorte van Jesus. Nicholas is slim en vertel ons mooi watter geskenke Jesus van die wyse manne gekry het
Chane het ook baie te vertel oor die geskenkies wat kindertjies vandag kry.

Emily nie seker wat ons op haar kop gesit het nie, maar sy sal soet wees soos 'n engeltjie.
Na die storie kry ons kans om vir Pappa en Mamma 'n kerskaartjie te maak.
Vier engeltjies. Ons eet kersboom, klokkies ens koekies. Ek kan nie uitlos om die storie van Liam te vertel nie. Hy wil baie graag twee hê en Charmaine belowe sodra almal gekry het, kan hy nog kry. Maar ek dink hy's bang daar's nie genoeg nie, want toe sy haar kop wegdraai vat hy een en gee dit 'n hap .... en sit dit ewe terug in die houer .... nou sal niemand dit wil hê nie en hy sal twee kry. Baie slim Liam! (Ons geniet so die kleingoed se sêgoed en vindingryk wees)

Friday, December 14, 2007

Afr Kerk - Ons leer van die Bybel en Noag

Ons was nie baie maatjies vanaand nie, maar dit het nie verhoed dat ons maats wat gereeld kom, lekker gesing en lessie gehad het nie. Chane sing lekker saam. Marcelle sing God is Big. Nicholas en Liam sing en wys "Lees jou Bybel, bid elke dag".

Ons luister na die storie van Noag in die Ark en Nicholas verduidelik mooi die storie terwyl Christiaan luister.

Ons maak 'n reenboog met wolkies is ons nie oulik nie?

Corne oefen sy kruip en binnekort is hy deel van ons

Die groter kinders leer van die Byel en wat ons daarin kan kry. Hulle hoor vlugtig van Jonah en een van hulle (ek sal nie name noem nie) wonder toe hardop of Jonah en Pinnochio se pa (wat ook in die walvis beland het, nie dalk een en dieselfde persoon is nie?


Ons maak soet eetgoed Bybels en tannie Charmaine vertel dat die Woord net so lekker en soet is soos die eetgoed. Nicholas geniet syne

Christiaan dink diep terwyl hy eet

Liam geniet die koekie Bybel net so skoon

Marcelle dink ook dis baie lekker

Channe los die koekies sodat sy mooi vir die kamera kan glimlag

Daleen hou die "blaaie" vas terwyl sy eet.

Volgende week doen ons handwerk en ek hoop die ander maatjies sal ook kom bywoon

Friday, December 7, 2007

Afr Kerk - Wat het ons nodig om te groei?

Die Kindergroep by die Afrikaanse Kerk is elke week soos 'n verrassingspakkie vir ons. Ons is maar nog net 'n paar maande oud en ongelukkig woon die kinders nog glad nie getrou die groep by nie. So al berei mens voor, is ons nooit seker is dit vanaand, een kind, geen kinders of vyftien kinders nie en dit beteken dat ons partyaande met 'n hele hoop goed eet en drinkgoed gaan en dan net so weer met die huistoe kom. Vanaand was ons dus baie bly om 'n hele klomp kleintjies en 'n paar groottes te sien.

Hier sing Liam en Nicholas saam "Lees jou Bybel en Bid elke dag"
Ons groter meisies sing en dans lekker saam met "Before I go ..."
Marcel sing net so hard saam. Dit 'n "shark" wat op jou hemp uitsteek Marcel?
Tannie Charmaine sing ..... He's the King of the moving mountains .....

Nothing too big big big .......sing Nelmari
Dan is dit tyd vir hulle lessie. Vanaand praat ons oor Awesome Growth en wat ons nodig het om te groei, liggaamlik en geestelik
Die kleintjies werk met die veltbord en doen die Skepping. Christiaan, Liam en Nicholas is baie slim om alles te onthou wat God gemaak het. Klein Corne hou ook die kamera dop.
Dan gebruik ons vir klein Liam om 'n lyf af te trek en hy lê mooi soet terwyl ouboet Nicholas seker maak ons maak hom nie seer nie.

Ons plak allerhande gesonde kos wat 'n liggaam nodig het. Chane wil elke ding verduidelik, maar ouboet Marcelle sê net vrugte, groente, vleis en melk.
Die hartjie met al die "gesonde" goed wat ons nodig het om in Jesus te groei ....
gereeld bid, kerk toe kom en Bybel lees.