Showing posts with label sang. Show all posts
Showing posts with label sang. Show all posts

Thursday, November 27, 2008

Kerssangdiens



Ons hoop om al ons ouers, kinders, familie wat kuier en vriende by die sangdiens te sien!

Sunday, January 13, 2008

Afr - God praat met Moses

Vrydagaand het ons eers gedink net Daleen en Lou-Marie is alleen by die groep. Nie dat dit saak maak nie, ons het groep ongeag die getalle.Hier wag die twee vir nog maatjies
Kyk hoe lekker sing die kinders. Selfs Christiaan dans lekker saam.
'n Nuwe maatjie Carmen en sy het ook baie gou lekker saamgesing. Sy het alles gedoen wat die ander doen en baie vinnig die liedjies geleer. Hier sing sy "How will He live with me and you?"
Hulle doen God praat met Moses en hier word die prentjie op die veltbord geplak. Ons leer God kan alles doen .... ook 'n staf in 'n slang laat verander en terug en daarom kon Moses met vertroue teruggaan na Egipte. Christiaan het baie mooi die storie van baba Moses onthou.
Vir 'n aktiwiteit maak hulle 'n brandende bos. God wil graag met ons praat en ons gebruik, maar Hy vra dat ons luister en Hom vertrou om ons toe te rus.

Friday, December 21, 2007

Afr Kerk - Ons luister na die Kersstorie

Vanaand was ons weer nie baie maatjies nie, maar die wie se ouers hulle nou gereeld bring, begin die program en die liedjies goed ken.
Klein Emily het ook kindergroep toe gekom vanaand. Hier wag sy, Nicholas en Liam vir die ander maatjies.
Chane sing, "nothing too big, nothing too small"

Marcel wys hoe "big"
Emily nog 'n bietjie oorweldig met die singery, maar Nelmari help haar met die bewegings.
Kyk net hoe lekker sing en beweeg Nicholas nou saam

Liam ken nou ook al 'n paar van die bewegings
Ons luister na die storie oor die geboorte van Jesus. Nicholas is slim en vertel ons mooi watter geskenke Jesus van die wyse manne gekry het
Chane het ook baie te vertel oor die geskenkies wat kindertjies vandag kry.

Emily nie seker wat ons op haar kop gesit het nie, maar sy sal soet wees soos 'n engeltjie.
Na die storie kry ons kans om vir Pappa en Mamma 'n kerskaartjie te maak.
Vier engeltjies. Ons eet kersboom, klokkies ens koekies. Ek kan nie uitlos om die storie van Liam te vertel nie. Hy wil baie graag twee hê en Charmaine belowe sodra almal gekry het, kan hy nog kry. Maar ek dink hy's bang daar's nie genoeg nie, want toe sy haar kop wegdraai vat hy een en gee dit 'n hap .... en sit dit ewe terug in die houer .... nou sal niemand dit wil hê nie en hy sal twee kry. Baie slim Liam! (Ons geniet so die kleingoed se sêgoed en vindingryk wees)

Friday, December 7, 2007

Nooit te jonk nie

Ek het hierdie stukkie video 'n hele tydjie gelede al belowe. Het so bietjie gesukkel om dit opgelaai te kry, maar hier is dit nou....

Ons twee jongste in die Kindergroep besig om saam met Rob Biagi - Before I go te sing.

Dink julle nie ook hulle is baie oulik nie?