Ons eerste amptelike byeenkoms van die nuwe Abu Dhabi jaar. Alhoewel ons heelwat kinders verloor het wat verhuis het na ander lande en ver van Abu Dhabi, was ons baie tevrede met ons opkoms vanaand. Dit was so lekker om al die gesiggies weer te sien.

Ons maak kringetjie en begin met ons lofprysing




Ons maak 'n plakkaat met die woorde S-P-E-C-I-A-L en by elke letter skryf ons unieke kenmerke van Jesus neer.
Daar word ernstig gedink en geskryf aan die plakkaat.
Helene hierdie foto sommer net omdat jy 'n sport is ... en omdat jy so mooi agter die kinders skoongemaak het en blinkertjies opgetel het.
Die tieners het ook bymekaar gekom en na hulle nuwe studie gekyk, beplanning rondom dit gedoen en bietjie gepraat oor watter aanslae hulle as tieners het. Meer oor hulle studie en goeters Vrydag.
No comments:
Post a Comment