Wel vir al ons tieners wil ek sê, "Ek dare jou!!!""
Ek dare jou om vanjaar se kursus/studie te doen .....
Dare to be a Daniel ...How to win souls for God
Hierdie studie oor die volgende paar weke gaan heeltemal iets anders wees. Daniel wat dieselfde ouderdom as baie van julle was is deur God geroep vir 'n spesiale doel. Hy het dit aanvaar en God het hom gebruik. Glo dit of nie, as jy gehoorsaam is aan God, kan jy ook 'n groot invloed op ander mense hê.
Probeer jouself in hierdie situasie dink:
Jy word weggeneem van jou familie en die ontvoerders vat jou 2000 km weg van die huis af, na 'n vreemde land. Jy ken nie die taal nie, jy verstaan nie wat die mense sê nie, die plaaslike gebruike is verskillende as waaraan jy gewoond is en jy word gedwing/verplig om dinge te doen wat jy nie van hou nie. Die wette is anders as wat jy grootgemaak of gewoond aan is en as jy nie saamwerk met hulle nie, kan jy die doodsvonnis kry. Klink na 'n slegte droom ne?
1 Daniel was doelgerig - Hy het geweet wat God wil hê hy moet doen
2 Daniel het gebid - Hy het tyd spandeer in God se woord en gebed elke dag
3 Daniel het gekies - Hy het vriende gekies wat hom aangemoedig en saam met
hom dieselfde waardes gehad en geglo het.
TIENERS JULLE WORD GEDARE!! om soos Daniel te wees.
Daar is studieboekies beskikbaar @ 35dhs 'n boekie en die lesse gaan ook gepaard met DVD en ander hulpmiddels. Slegs 10 beskikbaar. En vra gerus as julle die boekie wil sien.
Ek vertel later meer van die lesse en ook wat gebeur nadat hulle die studie suksesvol voltooi het!
3 comments:
Hierdie is 'n ongelooflike gelentheid vir ons tieners. Moenie dit misloop nie. Ek wens ek was nog 'n tiener.
Hierdie is 'n ongelooflike gelentheid vir ons tieners. Moenie dit misloop nie. Ek wens ek was nog 'n tiener.
Hierdie is 'n ongelooflike gelentheid vir ons tieners. Moenie dit misloop nie. Ek wens ek was nog 'n tiener.
Post a Comment