Saturday, September 22, 2007

ECC - Tiener Uitdaging

Wie van julle sê maklik, "Moenie my dare nie, want ek sal dit doen?"

Wel vir al ons tieners wil ek sê, "Ek dare jou!!!""

Ek dare jou om vanjaar se kursus/studie te doen .....

Dare to be a Daniel ...How to win souls for God

Hierdie studie oor die volgende paar weke gaan heeltemal iets anders wees. Daniel wat dieselfde ouderdom as baie van julle was is deur God geroep vir 'n spesiale doel. Hy het dit aanvaar en God het hom gebruik. Glo dit of nie, as jy gehoorsaam is aan God, kan jy ook 'n groot invloed op ander mense hê.

Probeer jouself in hierdie situasie dink:

Jy word weggeneem van jou familie en die ontvoerders vat jou 2000 km weg van die huis af, na 'n vreemde land. Jy ken nie die taal nie, jy verstaan nie wat die mense sê nie, die plaaslike gebruike is verskillende as waaraan jy gewoond is en jy word gedwing/verplig om dinge te doen wat jy nie van hou nie. Die wette is anders as wat jy grootgemaak of gewoond aan is en as jy nie saamwerk met hulle nie, kan jy die doodsvonnis kry. Klink na 'n slegte droom ne?

Wel dis baie soos wat julle ondervind as tieners hier in 'n vreemde land met vreemde tale, gebruike en nasionaliteite en as ons nie saam met die stroom van die ander tieners gaan nie, dan is ons "uit", "uncool" en glad nie gewild nie....ons mis ons maats en die bekende dinge by die huis en dit kan 'n taamlike slegte werklikheid vir 'n tieners wees.

Daniel het al hierdie dinge in die gesig gestaar maar hy het ook geweet dat God hom geskape het vir 'n spesifieke doel en plan.

In "Dare to be a Daniel" gaan ons kyk hoe Daniel op al hierdie dinge gereageer het, en dit deurtrek na onsself toe. Ons gaan spesifiek op VIER dinge konsentreer:

1 Daniel was doelgerig - Hy het geweet wat God wil hê hy moet doen

2 Daniel het gebid - Hy het tyd spandeer in God se woord en gebed elke dag

3 Daniel het gekies - Hy het vriende gekies wat hom aangemoedig en saam met
hom dieselfde waardes gehad en geglo het.

4 Daniel het gewys - Hy het ander/vriende na God gelei deur wat hy gesê en
gedoen het.

Omdat Daniel die vier goed gedoen het, het God hom geseen!! Dink net wat God in ons lewe vir ons, ons familie, ons omgewing, ons vriendekring en selfs by ons skool kan doen - AS ons Hom volg soos Daniel Hom gevolg het.

TIENERS JULLE WORD GEDARE!! om soos Daniel te wees.

Ouers met hierdie studie gaan ons ook 'n commitment van u vra .... 'n commitment om die tieners gereeld te bring vir groep. Ons sal so ver moontlik probeer om die datums en tye te maak wat die besige jongmense pas.

Daar is studieboekies beskikbaar @ 35dhs 'n boekie en die lesse gaan ook gepaard met DVD en ander hulpmiddels. Slegs 10 beskikbaar. En vra gerus as julle die boekie wil sien.

Ek vertel later meer van die lesse en ook wat gebeur nadat hulle die studie suksesvol voltooi het!

3 comments:

Anonymous said...

Hierdie is 'n ongelooflike gelentheid vir ons tieners. Moenie dit misloop nie. Ek wens ek was nog 'n tiener.

Anonymous said...

Hierdie is 'n ongelooflike gelentheid vir ons tieners. Moenie dit misloop nie. Ek wens ek was nog 'n tiener.

Anonymous said...

Hierdie is 'n ongelooflike gelentheid vir ons tieners. Moenie dit misloop nie. Ek wens ek was nog 'n tiener.