Tuesday, September 18, 2007

ECC - Ons hou piekniek by die DOLFYN fontein!!!

Ons eerste informele byeenkoms van die jaar is in "koeler" weer gehou. Dit was in die vorm van 'n piekniek en die ouers was ook genooi om saam te kom. Ons het bymekaar gekom by die Dolfyn fontein aan die New Cornish/Al Salam kant van die dorp. As julle nie weet waar dit is nie .... ek is seker dat Helene en Sanette julle mooi kan verduidelik. Om die waarheid te sê ek weet hulle sal julle vanaf die Sheriden Hotel tot by die nuwe Groot Moskee kan verduidelik en dan by Airport af en dan weer op tot by die Dolfyn fontein. Moenie daai roete vat nie, dit kan verewig duur :-). Hier is van die foto's wat uitgekom het. Met die kinders wat speel in die donker, het dit nie so goed gewerk nie.



Mia help vir mamma Ansie die mandjie uitpak. Op agtergrond Helene en Sanette




Charmaine, Helene en Sanette met klein Mia op die voorgrond.


Erika maak hamburgers vir Sekkie en die kinders
Leana en Mia het iets om vir Francois te vertel terwyl Ansie na die vrouens luister.


Die twee "boffens" met 'n kaart Sanette en Helene
Mens kry hulle nie sommer maklik stilgestaan nie ... Daleen, Jumarie en Liana
En oooo ja voordat ons afsluit het Helene met die vinger iets te sê ....

Dankie aan die kinders en ouers wat gekom het!!

Ek weet nou waar die Dolfyn is!!!

EN ONTHOU volgende week begin die Kindergroep amptelik om 7 nm by die kerk!!!

No comments: