Wednesday, September 5, 2007

ECC - Ons lessies verloop as volg

Liewe Ouers

Ons probeer gewoonlik twee studies van twaalf lesse elk, vir die kinders in die jaar inwerk. Die eerste gedeelte van die nuwe jaar se byeenkomste sal min of meer soos volg verloop.
1. Opening en sang
2. Dvd "Jesus Movie for Kids"


3. Gesamentlike les aan die hand van "powerpoint slides"

4. Ouderdom gepaste besprekings, aktiwiteite en handwerk onder leiding van die groepleiers in die onderskeie ouderdomsgroepe.
5. Afsluiting en verversings in die onderskeie ouderdoms groepe.

Die reeks byeenkomste sal afgesluit word deur na die hele "Jesus movie for kids" te kyk.


Pryse vir die kinders wat die meeste van die "memory verses" onthou.

Wat ons van ouers verwag:

1. Lees asseblief die inligting op die webblad gereeld
2. Help die kinders om die versie vir die week te leer.
3. Sou dit so versoek word, stuur asseblief eetgoed en of materiaal vir die aktiwiteite saam met die kinders.
4. Laat vir ons kommentaar oor die lesse. Ons is baie oop om na voorstelle te luister of sommer net terugvoer te kry oor die kinders se belewenis van die byeenkomste.

Ons deel:
1. Die inligting oor die les en versie
2. Terugvoer oor die aktiwiteite en foto's van die kinders waarmee julle kan spog.


Ek vertel binnekort meer van die eerste studie wat ons 3 - 12 jariges doen en wat vir die tieners beplan word!

1 comment:

Anonymous said...

Ons sien uit daarna om te lees van wat julle alles doen