Tuesday, October 2, 2007

ECC - Hoekom het Jesus gekom?

Ek het ongelukkig nie vanaand tussen die groepe beweeg om klompe foto's te neem nie, maar ek kan vertel wat almal gedoen het.

Soos altyd word daar begin met sang en dans. Hierdie vyf meisies wys die P van die liedjie V-I-P for G-O-D.
Daleen is ook vanaand weer al een wat haar versie perfek ken. Ouers wil julle nie bietjie die kinders help en aanmoedig om weekliks hulle versie te leer nie?
Na die sang kyk die groep na 'n gedeelte van die dvd The Story of Jesus for Children en spesifiek vier tonele wat by ons tema pas:
1 'n Engel verskyn aan Maria
2 Jesus se geboorte
3 Die skaapwagters besoek die baba
4 Simon seen vir Jesus
Een van die groepies maak engele waarop hulle baie trots is en ek's jammer ek het nie foto's geneem nie. Helene se groepie is vanaand die kamera gespaar waaroor sy seker baie bly is - volgende week!!
Die tieners is gesigloos en erg kamerasku. Hier is van die sterretjies ..... (mens kon sien dat hulle lanklaas met klei gespeel het.) Hulle les gaan oor "Purpose to Walk the way God Planned". Ons moet elkeen 'n sterretjie maak. Daarna gee ons dit vir 'n maat wat 'n diertjie van die klei moet maak. Hoe word 'n sterretjie 'n diertjie? Deur die klei met druk in iets anders te probeer vorm.
Ons hoor dat God ons met 'n spesifieke doel gemaak en beplan het, net soos ons die sterretjie gemaak en beplan het. Maar ander mense (die wêreld) gaan probeer om ons te verander deur druk of om ons te vertel ons is nie spesiaal nie. Ons moet onthou dat God ons spesiaal gemaak het, om ons te gebruik vir Hom. Ons sal verder met die studie elke week 'n bietjie by leer
.
Die bywoning vanaand was nie so goed nie, en ons hoop dat almal volgende week weer hier sal wees. Ouers dit kan slegs met u hulp gebeur.

No comments: