Wednesday, October 3, 2007

ECC - Tieners se Uitdaging hierdie week - 1

Tieners julle "huiswerk" vir hierdie week. Dit sal nie 'n inbreek op julle studie en sport programme maak nie, julle moet dit elke dag uitleef. Ouers help hulle gedurende die week hiermee asseblief.


Ons Mission : POSSIBLE vir die week is:

Let op die kere wat jy hierdie week 'n keuse het tussen onderhandeling en ingee tot 'n "Babylonian Brianwash" of om Gehoorsaam aan God te wees. Om dit te onthou, skryf dit neer en hoe jy gekies het om op te tree. Jy sal dit ook met die groep moet deel volgende week.

Verduidelik ons versie van die les Johannes 3:16 aan jou ma, pa of 'n vriend. Sê wat dit beteken in jou eie woorde.

Lees Daniel 1 : 1 - 8 in jou Bybel en

ONTHOU

Wanneer jy kies om God te gehoorsaam, kies jy die lewe wat God eer en seen. Verseker kan dit scary en gevaarlik wees by tye maar commit deur elke dag vir God te vra:

"Wat wil U hê moet ek vandag doen?" "Hier is ek gewillig om deur U gebruik te word"

EK DARE JOU!!!

Vir ekstra aktiwiteite, speletjies en 'n joernaal, kan julle na www.daretobedaniel.com/daniellog gaan. Die login kode is in julle boekies.

No comments: