Hierdie week se kindergroep het ons die lessie oor "What did Jesus Say?" gedoen. Die versie wat ons moes leer was Markus 12:30-31 en weer het Amy, Daleen en Megan hulle versie perfek geken. Liana het hierdie lang versie ook geleer en net op die einde so 'n bietjie vasgehak met die Afrikaanse woorde. Ons is trots op julle ouens.

Soos gewoonlik het ons met lofprysing begin en vanaand het ons ook twee nuwe liedjies en een liedjie met nuwe bewegings geleer.



Twee nuwe maatjies vanaand. Ons hoop dat Christiaan en Clark dit vanaand saam met ons geniet het en dat ons hulle volgende week weer sal sien. Tannie Heleen jy kry die prys hierdie week!!

In die DVD stukkie vir vanaand kyk ons oa na die storie waar Jesus se voete gewas word en luister na die storie oor die saaier. Hier is tannie Heleen se groepie besig om daarna aan hulle lessie te werk.



Die groepe sluit af om kaartjies vir klein Natalia Biagi te maak - foto's daaroor wys en vertel ek later.
Die tieners het ook bymekaar gekom, maar hulle lessie sal apart oor geblog word!
1 comment:
Hello Sandra,
Baie dankie vir die pragtige website. Nou kan ons familie in Kanada en Suid-Afrika ook gereeld hierop ingaan, en die fototjies van Ami en Megan sien !
Vriendelike groete !
Post a Comment