Wednesday, October 31, 2007

Ons het ook ge Keep Fit op die konferensie

Ek het net een sessie van Keep Fit bygewoon, hoewel dit een van my eerste keuses was, en dis beslis iets waarmee dit beter gegaan het as met die "clowning". Sue, die aanbieder, is 'n Engelse predikantsvrou van oor die sestig. Sy was haar lewe lank sportief en daarom doen sy goed met Fiksheid as 'n instrument om kinders in Vader se teenwoordigheid in te lei. Sy gebruik enige ritmiese Geestelike musiek en werk bewegings uit wat eenvoudig is en kinders maklik kan baasraak.... dus is dit ook maklik vir die leier...en dis belangrik.
Sue begin met vinniger musiek en laat die tempo ook dan afneem tot die vlak bereik word waar die kinders plat op die mat lĂȘ en totaal ontspan. Op hierdie stadium speel sy musiek met 'n boodskap waaroor die kinders kan nadink en daarna oor terugvoer gee. Die stemming is dan perfek om met die les aanbieding te begin.

Wat vir my baie besonders was van fiksheid is dat die "boks beweging" kinders help om van opgekropte frustrasie/ aggressie ontslae te raak. Sue het vertel dat 'n dogter begin huil het tydens een so sessie en uiteindelik kon deel dat sy mishandel word. Sy het wonderlik kon uiting gee aan al die opgekropte emosies.

Een van die dinge wat ek besef het tydens hierdie konferensie is dat elkeen van ons one eie bediening het. Of dit kuns, musiek, beweging of fiksheid is, ons kan dit alles tot eer van ons Vader aanwend.

Ek is nie 'n Fiksheidskenner nie, maar ek en Veronica kon met gemak een van Soekie se liedjies gebruik en 'n paar bewegings uitwerk om dit vir ons ECC groepleiers te illustreer. Die klomp het lekker saam gebeweeg.

No comments: