Showing posts with label Opleiding. Show all posts
Showing posts with label Opleiding. Show all posts

Thursday, August 27, 2009

Ons leiers beplan die Nuwe Jaar program

Verlede Saterdag het van ons leiers by die verskillende bedieningspunte bymekaargekom om die nuwe jaar vir ons kinderbediening te beplan. Ons het gepraat oor hoekom ons in die kinderbediening is en wat die visie vanjaar vir ons en die kinders moet wees.Tussen-in het ons ook 'n breuk geneem vir eet en drinkgoed en so 'n bietjie opvang met die kuier en gesels. Ons sluit af met "King of Kings" en sien uit na 'n nuwe jaar propvol geleenthede om ons kinders bewus te maak van Vader se liefde op 'n manier wat hulle kan verstaan.

Wednesday, October 31, 2007

Ons het ook ge Keep Fit op die konferensie

Ek het net een sessie van Keep Fit bygewoon, hoewel dit een van my eerste keuses was, en dis beslis iets waarmee dit beter gegaan het as met die "clowning". Sue, die aanbieder, is 'n Engelse predikantsvrou van oor die sestig. Sy was haar lewe lank sportief en daarom doen sy goed met Fiksheid as 'n instrument om kinders in Vader se teenwoordigheid in te lei. Sy gebruik enige ritmiese Geestelike musiek en werk bewegings uit wat eenvoudig is en kinders maklik kan baasraak.... dus is dit ook maklik vir die leier...en dis belangrik.
Sue begin met vinniger musiek en laat die tempo ook dan afneem tot die vlak bereik word waar die kinders plat op die mat lê en totaal ontspan. Op hierdie stadium speel sy musiek met 'n boodskap waaroor die kinders kan nadink en daarna oor terugvoer gee. Die stemming is dan perfek om met die les aanbieding te begin.

Wat vir my baie besonders was van fiksheid is dat die "boks beweging" kinders help om van opgekropte frustrasie/ aggressie ontslae te raak. Sue het vertel dat 'n dogter begin huil het tydens een so sessie en uiteindelik kon deel dat sy mishandel word. Sy het wonderlik kon uiting gee aan al die opgekropte emosies.

Een van die dinge wat ek besef het tydens hierdie konferensie is dat elkeen van ons one eie bediening het. Of dit kuns, musiek, beweging of fiksheid is, ons kan dit alles tot eer van ons Vader aanwend.

Ek is nie 'n Fiksheidskenner nie, maar ek en Veronica kon met gemak een van Soekie se liedjies gebruik en 'n paar bewegings uitwerk om dit vir ons ECC groepleiers te illustreer. Die klomp het lekker saam gebeweeg.

Thursday, October 25, 2007

Groepleiers leer ook

Want niks is by God onmoontlik nie…. Luk 1:37

Ook juggling?.... en vloere mop soos Carol Burnett… en balonne opblaas ? En diertjies en dingetjies maak? Waarvan praat ek? Soos julle weet het ons van 12-15 Oktober die Beyond words konferensie vir kinderbediening bygewoon en ongelooflike dinge geleer… en sommige gesien, maar nie bemeester nie. Ek het “clowning” , “praise en worship”, “story telling” gedoen en een sessie elk van “keep fit” en “tricks” bygewoon. Dit was ‘n “humbling experience” … soos die Engelse sê.

Dis ongelooflik wat mens die kinders kan leer as jy ‘n goeie “clown” kan wees.
As mens kan vloere mop soos Carol Burnett, oa… kan mens die kinders se aandag kry om meer ernstige Bybelbeginsels by hulle tuis te bring. Hier demonstreer Janie vir ons hoe'.
Ons klomp van die kerk het na die konferensie bymekaar gekom om al ons nuwe kennis met mekaar uit te ruil en nou wil ons dit ook met julle deel. Die eerste storie soos julle seker al agtergekom het, gaan oor "clowning".

As mens “juggling” kan bemeester, kan dit gebruik word om die kinders te vertel van die keuses wat mens in jou lewe maak en die ewige stryd tussen die Engel op die een skouer en die Duiwel op die ander skouer, of Adam en Eva se “juggling” in die Paradys met die slang en die vrug van die boom van kennis van goed en kwaad.
Sou mens ‘n klein balonnetjie binne in ‘n dun potloodballon afgebreek kry, kan hierdie wonderlike “prop” Jona in die boot en dan Jona in die walvis en uiteindelik ook hoe die vis vir Jona uitspoeg, illustreer.

‘n Goeie harlekyn kan sonder woorde baie kragtige lesse by die kinders tuisbring en een van hierdie “skits” is waar drie of vier harlekyne elk ‘n sirkel teken dra en een harlekyn ‘n vierkant. Die harlekyn met die vierkant probeer deel word van die groep van sirkel harlekyne, maar word nie aanvaar nie. Hy/sy bars uiteindelik in trane uit en dan begin die sirkel harlekyne oor die gevolge van hulle dade dink. Uiteindelik sny een van die sirkelharlekyne sy/haar sirkel in die helfte en vorm ‘n hart met die vierkant van die verstote harlekyn. Dit beeld God se onvoorwaardelike liefde en aanvaarding uit en kan die vrugte van die Gees Gal 5:22-25 ( goedheid en barmhartigheid) pragtig illustreer. Die drie wat dit demonstreer is Janie, Charmaine en Trish.

Ek moet ook wys hoe clown "Charmaine" se worshondjie uitgekom het. Die bloue is hoe dit moes lyk en die groene is hare...... Ek dink dis snaaks en ek is seker julle ook, so wat is die probleem, sy kan 'n goeie clown wees!