Thursday, August 27, 2009

Ons leiers beplan die Nuwe Jaar program

Verlede Saterdag het van ons leiers by die verskillende bedieningspunte bymekaargekom om die nuwe jaar vir ons kinderbediening te beplan. Ons het gepraat oor hoekom ons in die kinderbediening is en wat die visie vanjaar vir ons en die kinders moet wees.Tussen-in het ons ook 'n breuk geneem vir eet en drinkgoed en so 'n bietjie opvang met die kuier en gesels. Ons sluit af met "King of Kings" en sien uit na 'n nuwe jaar propvol geleenthede om ons kinders bewus te maak van Vader se liefde op 'n manier wat hulle kan verstaan.

No comments: