Saturday, August 29, 2009

Poppekas besoek Dubai

Vrydagoggend vroeg was ons poppe-helde in Dubai om ook hier vir die kinders te vertel hoe lief Jesus vir ons is. Eers sing ons lekker saam aan nuwe en ou liedjies. Dan luister ons mooi na Flatman en Bobbin en van die "kode" boodskap wat hulle opgetel het met die woord "Evangelie". Hulle moet die woord-definisie-masjien vra om die boodskap vir hulle en die kinders te ontsyfer en hoor dat die woord Evangelie beteken "goeie nuus", "positiewe inligting", die teenoorgestelde van sleg en iets die moeite werd om te hoor. Ons maats luister mooi! (vir die verdere storie, lees ook die besoek aan Abu Dhabi en Al Ain wat volg). Ons jongste maatjies Jeandre saam met pappa Denis en Marli saam met pappa Marius luister ook mooi.. Ons klein maatjies is gefasineer deur Flatman en Bobbin en moet kom ondersoek instel en nader kennis maak. Daar is selfs 'n vragie of twee. Bobbin en Flatman gaan beslis nog groot maats word. Ons sluit af met die sing van nog 'n paar nuwe liedjies. Sommer 'n klomp van Dubai se maats is reeds terug van vakansie en ons hoop om hulle elke week in groot getalle by die kinderkerk te sien.

1 comment:

Charmaine said...

Ons bid Vader sal die werk wat Hy begin het in die kinderbediening ryklik seen. Ek bid vir jou maat, vir wysheid..