Monday, August 24, 2009

Poppekas - Reddingsboodskap in Sharjah

Vrydag was dit Flatman en Bobbin se eerste "optrede" in die land van sand, by die Sharjah bedieningspunt. Al is van ons maats nog met skoolvakansie, was die paar wat daar was vol geesdrif. Ons het begin deur 'n paar liedjies te sing. Flatman en Bobbin het 'n blaadjie iewers opgetel en was baie gretig om die inhoud daarvan met ons maats te deel. Omdat hulle nog met ons anders maats in die Emirate gaan kuier wil ek nie nou teveel vertel nie, maar weet net dat die maatjies met groot ogies en oop ore geluister het! Na die wonderlike boodskap van ons helde, het die maats kans gekry om bietjie te vertel wat hulle gedurende die ampertjies 3 maande skoolvakansie gedoen het. Hulle het vir ons prentjies daarvan geteken. En tannie Rensia het ook vir hulle 'n storie van nog 'n held vertel. Van die maats het toe ook kom vertel. Kyk net daai mooi stokkie-kameelperd wat Waleed geteken het.
Dankie dat ons by julle kon kuier Sharjah, ons kom gou weer! Hierdie Vrydag moet ons maats in Dubai en Abu Dhabi kom luister en Sondagaand kuier ons in Al Ain.

1 comment:

Sonja said...

Ek het nou lekker hier rond gekuier en dit baie geniet om na al die fotos te kyk en te lees wat julle daar doen. Mag die Here julle ryklik seen!