Verlede week was daar weer so 'n effense insinking in ons bywoning. Die maats wat daar was het egter die groep soos met my blog op 2 Oktober baie geniet.
Kleuters (3 - 5)
Ons wil baie graag hierdie groepie begin. U sal verstaan dat die groepleier nie kan voorberei as sy nie weet hoeveel en of daar kinders gaan opdaag nie. Laat my bietjie weet as u van ander kleuters weet en of u kleinding die groep gaan bywoon. Hulle sal nie vir die hele tyd groep hĂȘ nie en u kan hulle vroeer kom haal.
Ouderdom (6 - 12)
Ons lessie vir hierdie week is "The Director" Why Obey Jesus en ons moet die versie Johannes 14:21 ken. (Engels of Afrikaans) . Daleen was weer al een wat die versie geleer en geken het. EK wil vra dat die ouers bietjie hier sal help om ons kinders aan te moedig en die versie inligting vir hulle deur te gee.
Tieners
Julle "huiswerk" het ek Dinsdag al deurgegee en ek hoop dat julle die uitdaging van die week aanvaar het. Weereens moet ek die ouers se samewerking in hierdie verband vra. Help asseblief ons tieners deur te vra wat hulle moet doen, hoe hulle dit doen, het hulle probleme, ens.
Hier werk hulle in hulle boekies
Algemeen
Dankie Francois en Ansie vir die leen van julle projekter ons waardeer dit vreeslik. Die kerk het ook aangebied dat ons hulle tv en dvd speler kan gebruik en ons is baie dankbaar daarvoor.
Ek hoor nog steeds van al die nuwe kinders in die dorp, maar ek sien hulle nog nie. Ouers en kinders help ons bietjie om van die nuwe kinders ook by die groep in te skakel.
Gebedsversoek
Vir die afgelope drie jaar maak ons baie suksesvol gebruik van Rob Biagi se musiek in ons kindersang. Baie van die kinders besit ook 'n CD van hulle wat u sekerlik al 'n paar keer moes na luister. Sedert September het Rob geweldige rugspasmas en pyn gehad wat hom verhoed het om op te tree of selfs te beweeg. Die drs het geen verklaring vir die spasmas en pyn nie. Hierdie pyn het nou ook afbeweeg na sy bene wat enige optredes op "ys" gesit het. Die optredes is die Biagi gesin se enigste manier van inkomste, aangesien sy CD's nie in musiekwinkels verkoop word nie.
Asof dit nie genoeg is nie, is klein Natalie Biagi (2 en 'n half jaar oud) hierdie week met leukemie gediagnoseer. Sy word tans in die hospitaal behandel wat beteken dat Rob na die ander twee kinders moet omsien terwyl Kathleen by klein Natalie in die hospitaal is. Ek vra u om asseblief saam met ons vir hulle gesin te bid.
Sien almal Maandagaand!
Liefde
1 comment:
We thank God for you and that you are praying for our family. May God bless you in all you do!
Post a Comment