Gisteraand was die Kerssangdiens van die Afrikaanse Kerk in Abu Dhai. Van die kinders van die kindergroep het ook deel gehad aan die program. Die tema was Lig vir die wêreld. Ds. Gert het die Christuskers in die adventkrans aangesteek.

Die eerste kers van hoop is deur Ricus aangesteek met die lees van : Die volk Israel het gehoop op die vervulling van God se beloftes en God het hulle nie teleurgestel nie. Die hoop dat Hy sou kom, en ons hoop dat Hy weer sal kom, is soos 'n lig wat skyn in 'n donker plek.






Tussen die kerse aansteek en vertel, het ons ook ander Kersliedere gesing. Ek en Charmaine het ook deel geneem aan die voorlesings. Hierdie was die Afrikaanse kerk se eerste Kerssangaand in Abu Dhabi.
Kennisgewing al ons ouers - Op 19 Desember hou die ECC kerk 'n internasionale sangaand vir al die nasionaliteite in die gemeente. Ons Suid-Afrikaners gaan ook twee van ons tradisionele kersliedjies sing. As julle belangstel om saam te kom sing, kontak my asseblief. Ons wil die verhoog van hoek tot kant vol Suid-Afrikaners pak wanneer ons sing.
1 comment:
Dis goed om soms so deel te wees van geskiedenis wat gemaak word. Groot voorreg om by hierdie eerste Afrikaanse gemeente in die UAE betrokke te wees en met ons kinders te werk. Charmaine
Post a Comment