Wednesday, November 28, 2007

ECC - Ons gaan handwerk doen

Ouers vandag is Maandag 3 Desember ook as 'n vakansiedag afgekondig en dit kan moontlik 'n invloed op ons "craft - Maandag" hê. Sal u asseblief die inligting rondom hierdie dag lees, en my asseblief voor Vrydagaand laat weet of en hoeveel die groep gaan bywoon.



Wat??




Ons gaan 'n artikel of twee vir Kersfees maak. Een van dit sal ons eie persoonlike Kerskous wees




Wie??
Hier is Elise besig om vir 'n groep te verduidelik.
Tannie Elise wat handwerk vir verskillende ouderdomsgroepe aanbied, gaan by ons kom kuier om vir julle die handwerk te laat maak.
Wanneer???
Maandagaand 3 Desember
om 7nm (gewone groeptyd) - 8.30nm
Vir die outjies wat eksamen skryf behoort dit nou goed te pas én 'n lekker breuk te wees na 'n langnaweek se swot.
Waar??
By ons gewone bymekaarkomplek, die ECC kerk kompleks
Wie almal??
Hier is Nelmari by 'n vorige kunsklas van Elise.
Al die maats, vriende en mammas wat my voor Vrydagaand laat weet
Koste
Dh20 per persoon. Elise moet die materiaal en verf ens. aankoop.
ONTHOU ASSEBLIEF OM MY TE KONTAK MET EPOS, COMMENT OF DIE BLOK OF SMS OF SKAKEKL MY VOOR VRYDAGAAND MET JULLE GETALLE.
(Ek verduidelik net weer gou hoe om te comment. Kliek op comment, skryf die boodskap, kies other, niks adres nie en publish)

3 comments:

Anonymous said...

Dankie ons sal graag kom.
Ansie Liana en Mia

Anonymous said...

Liewe Sandra



As daar wel Sondagskool is Maandagaand, sal Megan en Ami kan bywoon.

Laat weet asseblief.

Groete,

Sandra

Anonymous said...

Armand en Liam sal saam met ons kom handwerk doen. Charmaine